Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › Community

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

Die kosbare kleinnood, ‘Uit die Beek’, die oudste Afrikaanse Bybeldagboek, se 100ste uitgawe (2025) het pas verskyn en is reeds beskikbaar. “Beek” is die Nederlandse uitdrukking vir “klein stroompie”. Gansbaai is bevoorreg dat emerituspredikant en befaamde skrywer, dr Barend Vos van Pearly Beach, die skrywer van “Uit die Beek’ vir die afgelope 8 jaar was. Barend het nou die ‘aflosstokkie’ aan prof Stephan Joubert van die Universiteit van Pretoria oorgegee, wat voortaan die skryf en samestelling van ‘Uit die Beek’ sal hanteer.

Ontstaansgeskiedenis:

Sedert 1903 was ds Attie van Wijk van Wellington met ’n almanak wat Skrifgedeeltes vir soggens en saans bevat het om Christene te help om deur die hele Bybel te lees, gemoeid. In 1924 het hy besluit om ’n kort Skrifverklaring, bykomend tot die voorgeskrewe dagstukkies, as proefneming uit te gee. Dit is in 1925 en 1926 onder die titel “Overdenkingen” voltooi. In 1927 is die naam na “Uit de Beek” verander - na aanleiding van die ou Nederlandse vertaling van Psalm 110:7: “Hij zal op den weg uit de beek drinken”.

Met die groeiende aanvraag is die 1929-uitgawe vir die eerste keer in Afrikaans as “Uit die Beek” uitgegee, en so het ‘n familietradisie van 75 jaar ontstaan, met die betrokkenheid van die Van Wijk’s (drie Atties en ‘n Hannes) by “Uit die Beek”. Teen 1933 het die aanvraag tot 42 000 uitgawes gegroei. Ds van Wijk (sr) sou uiteindelik meer as 40 jaar by die skryf daarvan betrokke wees, tot kort voor sy dood in 1966 op 94-jarige leeftyd. Simptome van Parkinson se siekte het veroorsaak dat hy later met ‘n houtpen in altwee hande letter vir letter op ‘n tikmasjien getik het! Etlike suksesvolle jare het verloop en met sy aftrede is ds Attie van Wijk (kleinseun) gevra om die Van Wijk’s se familietradisie voort te sit - hy het dit vir die daaropvolgende 10 jaar gedoen.

Dr Barend Vos:

Barend was vir meer as 30 jaar predikant in die Noord-Kaap. Aan die einde van 2018 het hy en sy eggenote, Retha, so stil-stil permanent na Pearly Beach verhuis - hulle woon in hul vakansiehuis wat hulle sedert 1987 besit. ‘n Baie groot verskeidenheid van boeke het uit sy pen die lig gesien. Toekennings: 2002 - die CBSA-prys; 2003 - die TM-prys; 2015 - ’n ATKV-Mediaveertjie; 2016 - die Andrew Murray-prys. Barend sê hy het tot nege maande elke jaar aan “Uit die Beek” geskryf - vanaf 2018 tot aanstaande jaar se 2025-uitgawe. “Jy gee baie van jou eie menswees - jou hart, jou siel en al jou krag daarvoor,” het hy die Gans-Berg Nuus meegedeel. Barend beplan beslis nie om nou agteroor te gaan sit nie, allermins! Behalwe vir skryf wanneer hy tyd kry, gaan hy voortaan voltyds op redigering fokus, ‘n taak waarmee hy reeds jare mee besig is.

Hardus Botha

‘Uit die Beek’ vier 100ste verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles