Blog

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Die Wes-Kaapse skaakspan het ses goue medaljes, een silwer en ses brons in die 14 ouderdomsafdelings gewen. Die span het ook die posisie as die Top-skaakprovinsie in Suid-Afrika ingeneem deur 470.5 punte te behaal. Gauteng was tweede met 424.5 punte en die Oos-Kaap derde met 414.5 punte. Die Mzansi Inter-provinsiale Skaakkampioenskap van 2024 het in Polokwane in Limpopo vanaf 15-19 Desember 2024 plaasgevind.

Die Wes-Kaapse span wat aan die toernooi deelgeneem het, het uit 150 lede bestaan - dit was ook die eerste Wes-Kaapse skaakspan wat volledige Wes-Kaapse kleure vanaf die Wes-Kaapse Sportfederasie ontvang het. Die Wes-Kaapse skaakspan het vroeër vanjaar die Winterspele gewen en het hulself nou as die Top-Jeug-Skaakprovinsie bewys. Die bestuurder van die Wes-Kaapse span, Freek Geyser, het die sukses toegeskryf aan die eenheid binne die span, die veerkragtigheid van die spelers en die onsersteuning van die ouers en afrigters.

Laerskool Gansbaai (LSG)
LSG was by bogenoemde prestasies ingesluit - hulle het nie op hul louere gerus nie en kan met reg trots voel op hul eie prestasies! Die 0/8 Wes-Kaapse span het goud verower, met LSG se Rossouw Coetzer en Lihan Lourens wat in dié span was. Die 0/12 Wes-Kaapse meisiespan het ook goud verower, met LSG se Anneke du Preez wat in dié span was. Die 0/12 Wes-Kaapse seunsspan het brons verower, met Hanro Coetzer en Heinrich Buhr van LSG wat in dié span was. Die 0/14-Wes-Kaapse meisiespan het ook goud verower, met Luandi van der Linde, Danielle Stevens en Alet du Preez van LSG wat in dié span was.

Algeheel het Danielle Stevens ‘n 3de plek verower, Rossouw Coetzer ‘n 9de plek, Hanro Coetzer ‘n 9de plek, Anneke du Preez ‘n 10de plek en Luandi van der Linde ‘n 10de plek - elkeen in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Hiermee ook die Gans-Berg Nuus se gelukwense aan LSG se skaakspelers!

Hardus Botha

Wes-Kaap Triomfeer in Skaaktoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles