Blog

Birkenhead Boothengelklub

Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub

Pragtige 6.75kg witsteenbras

Mooi visse is tydens die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisie op Saterdag, 1 Februarie 2025 gevang - maar die een wat die aandag getrek het, was Johan Southey met sy pragtige wit steenbras van 6.75kg.  Die enigste hengelaar wat sy kwota kon vang, was Philip Fourie - knapgedaan, Philip!  

Dit was maar 'n moeilike oggend met die vis wat eers laat begin byt het, maar die wag was die moeite werd.  Dit was 'n groot verrassing om te sien dat Jean Downing, na 'n lang tyd van afwesigheid, weer aan die kompetisie deelgeneem het - en toe palm hy sommer die 2de Swaarste Bootgemiddeld met sy boot, Releks II, in - welkom terug, Jean.

Kompetisie-uitslae

9 bote het ingeskryf, waarvan al 9 ingeweeg het.  Die totale bemanningslede was 28, waarvan 1 'n dame was wat deelgeneem het.  Die aantal visse (8 spesies) wat ingeweeg is, was 97, met 'n totale massa van 80.35kg.  Die gemiddelde massa per hengelaar was 2.87kg.

Volledige uitslae

Swaarste vis, Johan Southey (wit steenbras, 6.75kg); 2de Swaarste vis, Johan Eloff (geelbek, 3.0kg); Swaarste sak, Johan Southey (9.4kg); 2de Swaarste sak, Philip Fourie (6.45kg); Swaarste bootgemiddeld, WaCa van Carl Dyer (4.93kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Releks II van Jean Downing (3.88kg); Dames swaarste sak, Trix Langley (2.15kg).

Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

WaCa van Carl Dyer (17.86kg); GI Joe van Joe Smit (16.63kg); Oupa van Ben Uys (14.43kg). 

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

Joe Smit (20.35kg); Philip Fourie (19.80kg); Marinus Kleyn (18.25kg); Derick Petersen (18.05kg), 4de, maar só naby, moet gemeld word.  

Visvangkampioene Dames:

Joey Rademeyer (11.55kg); Trix Langley (5.60kg); Anita Vermeulen (5.49kg).

Visvangkampioene Juniors:

Ruan Langley (7.60kg).

Hardus Botha

Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles