Blog

Blink ogies oor geskenkpakkies

Blink ogies oor geskenkpakkies

Gans-Berg Nuus / News

Blink ogies oor geskenkpakkies

Opgewonde kinders van Elim Outreach, Gansbaai, het op Dinsdag, 28 Januarie 2025, in groot afwagting voor die tafel met kleurvolle geskenkpakkies saamgedrom. 

Die weldoeners was die Vriende van Kuslangs Restaurant onder leiding van Collin van der Merwe en hy is deur Barnie Germishuys vergesel. Met die aankoms van Elim Home se Oorhoofse Hoof, Lucinda Cunningham, is die geskenkpakkies amptelik deur Collin aan haar oorhandig - die pakkies was gevul met skryfbenodigdhede, skryfboekies en inkleurboeke. Lekkergoedpakkies, wat dalk meer aandag as die geskenkpakkies ontvang het (!), is ook aan die sowat 22 kinders uitgedeel. Elmarie Fourie, Arbeidsterapeut, het ook die oorhandiging bygewoon. 

“Ons is 'n groep vriende wat op liefdadigheidswerk fokus,” het Collin gesê. “Vir vandag se oorhandiging het ons 'n spitbraai onderling gereël om fondse vir die geskenke in te samel.” Collin vertel dat hulle volgende groot projek vir Elim teen einde November vanjaar sal realiseer. “Ons beplan twee Kerspartytjies, een vir Elim Outreach, Gansbaai en een vir Elim Kinderhuis (Elim), waar daar sowat 51 inwoners is,” het Collin gesê. “Daar sal beslis 'n Kersvader wees wat die geskenke gaan uitdeel.”

Hardus Botha

Blink ogies oor geskenkpakkies

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles