Blog

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

Gans-Berg Nuus / News

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

“Die gehawende walvis voor Gansbaai DJOLOF Shop oorkant Gansbaai OK Foods pla my al vir die afgelope 15 jaar,” vertel Manny de Bruyn van TMS Bouers laggend. “Toe besluit ek genoeg is genoeg en ek pak die bul (of is dit nou die walvis?) by die horings!”

Manny, wat sê hy is nie 'n kunstenaar nie, het verf en ander benodigdhede gekoop en hy en een van sy werkers, Gift, het aan die werk gespring. Eers moes al die gate en stukkende plekke toegemaak en geseël word - verbygangers het die walvis as vullisblik gebruik met papiere, bottels en sigaretsompies wat in die gate gedruk is (Aitog!). Daarna het die verfwerk gevolg.
Manny het ogies ingeskilder, die pens mooi wit geverf, die wit strepe geverf en sommer die staander waarop die walvis gemonteer is, ook netjies geverf - en siedaar, 'n 'splinternuwe' walvis!

Manny is 'n ou bekende bouer in Gansbaai, met TMS Bouers wat sowat 26 jaar gelede in 1999 gestig is - hy is ook 'n getroue ondersteuner en adverteerder van die Gans-Berg Nuus. Netjiese bouwerk is ook al deur hom by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes gedoen - waar hy op 'n stadium potjiekos vir die inwoners gemaak het, met 107 mense wat daaraan kon smul! Ons sê baie dankie aan Manny vir sy omgee vir die gemeenskap. 

Hardus Botha

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles