Blog

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

“Ons het besluit om ons byeenkoms 'n dag of wat voor 14 Februarie vir Valentynsdag-vieringe te gebruik,” het Elizma de Lange, voorsitter van die Bietoubos Damesklub tydens hulle byeenkoms op Dinsdag, 11 Februarie 2025, gesê. “Die dag speel nie 'n rol nie, Februariemaand is mos die maand van 'Liefde' en hoe rooier, hoe mooier.” Sy het die manne in die koor spesiaal tussen die rooi-geklede dames verwelkom. 

Die gedugte span dames van Aletta Löchner en Marie de Jager was die gasvrouens en hulle het gesorg dat die 'liefde' van Valentynsdag behoorlik 'aangevoel' kon word. Die kostafel was oorlaai met smaaklike vrugteslaai en roomys - moeilik gewees om net foto's te neem en nie stilletjies te proe nie!

Die feestelike stemming is afgeskop met die talentvolle Gideon Naude en sy saxofoon. Gideon het die eerste vier gedeeltes van 'Six Studies in English Folk Songs' deur Ralp Vaughan-Williams op sy saxofoon gespeel. Daarna het 'n groep lede van die NG-Kerkkoor, onder leiding van Aletta en met klavier-begeleiding deur Pikkie Louw, aan die beurt gekom. Hulle het begin met 'Gebed' van Koos du Plessis en daarna 'Any dream will do' van Andrew Loyd Weber. Op aandrang van die gaste, het hulle nog 'n paar liedere gesing.

Pikkie het 'n spesiale geskenk van Aletta ontvang en Marie het geskenkpakkies (liefdesgeskenkies?) aan die manlike koorlede oorhandig. Die lootjiewenner van die dag was voorsitter Elizma.
Kort na die optredes, het Aletta die pragtige lied, 'Highway van my Hart' aan die groep soos 'n gedig voorgelees, waarvan die 3de strofe soos volg lees: “Ons brand ons grou verlede se beloftes / word nou één; Twee siele word verening - soos trane in die reën; Ek wil grys word saam met jou, elke asem binne teug, want die langpad wat ek loop, is die kortpad na jou!”

Hardus Botha

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles