Poegie-uitdaging se Donasies Groei

Poegie-uitdaging se Donasies Groei

Gans-Berg Nuus / News

Poegie-uitdaging se Donasies Groei

image left

Die Poegie-uitdaging wat deur Manny de Bruyn van TMS Bouers en sy gedugte en 'manmoedige' spanmaats aangepak gaan word, is dankbaar vir hulle lys van donateurs wat gegroei het - sonder twyfel 'n Poegie-uitdaging wat skrik vir niks.

Die manne het groot waardering vir elke donasie, groot of klein. Hulle beplan om vanaf Gansbaai na Hentiesbaai in Namibië en terug op 'n poegie se saal deur te bring - 4 000km! Hierdie uitdaging is ten bate van Ikamva Jeugontwikkeling. 

Iemand wat nie seker is wat 'n 'poegie' nou eintlik is nie, dit is beslis nie 'n kragtige motorfiets nie - nee, dit is 'n klein motorfietsie (scooter) en die krag van die enjin is 'n skrale 125cc tot maksimum 150cc. “Ons beplan om die rit daarheen en terug in 10 dae, maksimum 12 dae, af te lê,” vertel Manny. “Ons besef dit sal 'n fisiese en 'n geestelike uitdaging wees wat met spanning en uitputting gepaard sal gaan.” Die groep van 5 manne is op soek na nog belangstellendes om aan die uitdaging deel te neem - kom nou, julle Poegie-manne wat avontuurlustig is, kom wys julle staal, dit is vir 'n goeie doel!

Die gewillige donateurs tot op datum is (alfabeties): 

• Anglo Windows

• Besige Kabouters Worcester

• Blinds & Flooring Specialists

• Buco Gansbaai & Hermanus (Plus T-shirts, kepsies en baadjies)

• Dr JW Scheepers, met die kosbare uitdrukking: “Ek het my stukkie kaas vir die poegiemuis gegee”

• Elite Rebel Motorfietsklub

• Nellas Cleaning Service (Australië)

• Tildas Bakery (Struisbaai)

Die manne wat tans gekontak kan word, is:

• Manny de Bruyn: 082 675 8410 - epos admin@tmsbouers.co.za

• Japie Geldenhuys: 063 779 9974 - epos vettrilgerald@gmail.com

• Marius Alberts: 079 600 3971 - epos mariusallie1958@gmail.com

• Gerrie Schutte: 064 837 6292  - epos schuttegerrie@gmail.com

• Kobus Geyser: 082 875 7408 - epos kobusgeyser77@gmail.com

(Kobus het spesiaal 'n poegie gekoop en reeds sy paspoorte gekry)

Bankbesonderhede vir borgskappe of ander bydraes:

Naam: IkamvaPoegieChallenge

Bank: Nedbank

Tipe: Spaarrekening

Rekeningnommer: 2053776528.

Die moedige manne, wat vir baie kans sien, kan gerus ondersteun word.  Vir die Gans-Berg Nuus is dit 'n voorreg om hulle op hierdie wyse te kan ondersteun.

Hardus Botha

Poegie-uitdaging se Donasies Groei

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles