Blog

Brand laat gesin Haweloos

Brand laat gesin Haweloos

Gans-Berg Nuus / News

Brand laat gesin Haweloos

Die huis in Kleinbaai, wat binne sowat 20 minute tot op die grond afgebrand het, met letterlik niks wat oorgebly het nie, was skokkende nuus wat op sosiale media versprei is.  “Dit was 'n traumatiese voorval vir ons, maar die hartseer oor ons diere was baie erg,” vertel Chaya du Plessis, eienaar van die huis, waar sy en haar dogter, Ninke, asook haar ouers, Johan en Denice du Plessis, gewoon het.  Johan het op 23 Maart 2025 'n ernstige beroerte-aanval gekry en is steeds in 'n ernstige toestand in Nature Hermanus om te herstel.  “Een van die honde, Chloe, asook die African Grey papegaai, het doodgebrand, terwyl een hond uitgesit moes word en die ander een met ligte seerplekkies na BARC vir versorging geneem is.”  Das en Francia van Dyk van Kleinbaai het die gesin intussen onderdak geneem.

Chaya sê sy, haar dogter en ma na Hermanus geneem en daarna alleen na Kleinbaai teruggery.  “'n Vriend van die gesin, Stefan Vosloo, het my voorgekeer en vertel wat gebeur het, maar het gesê ek moet nie dadelik daarheen gaan nie, hy wou nie dat ek dit op daardie oomblik aanskou nie.”  Met die ontstaan van die brand was Stefan eerste op die toneel, met die brandweer wat vinnig opgedaag het, maar niks kon gered word nie.  “Ek is dankbaar dat Gans-Berg Nuus my geskakel het vir 'n persoonlike onderhoud,” het Chaya gesê.  “Wanpersepsies en foutiewe inligting is op sosiale media versprei en nou kan ek die korrekte feite oordra.”  Sy het bygevoeg dat hulle dankbaar is dat haar broer, De-Hann, tans by hulle is om hulle te ondersteun.  Hy is van Pretoria, maar het hierheen gevlieg na sy pa se beroerte-aanval. 

Gans-Berg Nuus het kort na die brand 'n 'Back a Buddy' projek vir die Du Plessis-gesin se huis wat afgebrand het, van stapel gestuur en 'n aansienlike bedrag is reeds ingesamel.  Die Redaksie van Gans-Berg Nuus wil graag die gemeenskap bedank, ook namens die gesin, vir die goeie ondersteuning en donasies wat gemaak is, dit word opreg waardeer.  Ons wens ook die gesin sterkte toe met hulle traumatiese ervaring en wat nou op hulle wag.

Hardus Botha

Brand laat gesin Haweloos

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles