Gewilde oud-onderwyseres oorlede

Gewilde oud-onderwyseres oorlede

Gans-Berg Nuus / News

image left

Gewilde oud-onderwyseres oorlede

Die gewilde en afgetrede onderwyser van Gansbaai Primêr, Rachel Valentine (72), is op 7 Mei 2025 oorlede. “Rachel was baie lief vir kinders en was 'n aangename, hardwerkende en toegewyde onderwyser,” vertel haar eggenoot, William Valentine. “Wanneer sy huis toe kom, het kinders gewoonlik al vir haar gewag vir 'n koffietjie en 'n ietsie om te eet.”

Rachel is op 4 Desember 1952 gebore en is 'n oud-Gansbaaier wat onder die 'ou-ou' gardes van die skool se onderwysers gereken is. Baie van haar leerders se kinders het al getroude kinders. Sy het nog destyds in die VGK-gebou in die agtermiddae onderrig verskaf en later in die skoolsaal en later die skool - vir sowat 27 jaar. In 1998 het Rachel afgetree en saam met William haar aftreejare geniet. Mervin Hess, wat verlede jaar by Gansbaai Academia afgetree het, het vir jare saam met Rachel by Gansbaaai Primêr onderrig gegee. “Sy was 'n pragtige mens van binne en het haar alles vir die kinders gegee,” het Mervin gesê.

Hardus Botha

Gewilde oud-onderwyseres oorlede

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles