Blog

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

Gans-Berg Nuus / News

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

“Ons GGAP-projek (Gorgeous Gansbaai Arts Project), met ons Gawie Gansie logo, het op 12 April 2025 ons eerste verjaarsdag gevier,” vertel Laurette Nel. “Op Saterdag 19 April 2025 het ons die geleentheid saam met Seeff en Gansbaai Toerisme met 'n 'pop-up' markie en uitstalling, stalletjies en speletjies vir die kinders gevier.”

Gedurende die afgelope jaar het die op-en-wakker groep van GGAP 14 muurskilderye op besigheidsgeboue se mure geskilder om ons dorp te verfraai. 'n Paar lelike mure moes eers gepleister en geverf word, onder andere by Bed Shop en Lekker Bek. Foto-omhulsels is ook laat druk vir die planthouers in Hoofstraat. Grootbos het sementpotte, asook plante en bome aan GGAP geskenk. “Ons sê baie dankie vir Hennie Bothma en sy span, asook vir Grootbos vir die plante wat nog moet kom en in die leë potte geplant moet word,” sê Laurette. “Die lamppale in Hoofstraat het ook nuwe, vrolike kleure gekry.” Tans is die groep besig met nog nuwe muurskilderye in Hoofstraat, by Gansbaai Hawe, asook by die Great White House in Kleinbaai. Verbygangers kan gerus vir 'n oomblikkie daar stilstaan om dankie te sê en die dames aan te moedig!

Die GGAP-span het hulle opregte dank en waardering uitgespreek vir al die ondersteuning en donasies vir die verf, asook skenkings aan die kunstenaars wat hulle vanuit die gemeenskap ontvang. Hulle het reeds 'n vol program vir die jaar wat voorlê - skole, Masakhane en Blompark is ook betrokke.

“Dankie aan al die wonderlike 'Nasiebouers', soos ons ons ondersteuners noem, met die Gans-Berg Nuus ingesluit, wat ons ondersteun en bystaan met ons 'Mooimaak-projek' om ons dorp, Gansbaai, so pragtig te kan versier,” het Laurette haar onderhoud met die Gans-Berg Nuus afgesluit. Almal word bedank, maar wat van 'n Groot Dankie en 'Bravo' aan hierdie groep kunstenaars wat, vrywilliglik, soveel moeite (en harde werk in die son!) doen om van Gansbaai 'n prag-dorp te maak. Gaan loer gerus op GGAP se webtuiste hier.

Hardus Botha

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles