Blog

Welkom aan nuwe Tandarts

Welkom aan nuwe Tandarts

Gans-Berg Nuus / News

Welkom aan nuwe Tandarts

Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het. Op 5 Mei 2025 is die praktyk geopen, met Markus wat ook in Hermanus werk. Sy vriendelike personeellede is Veronica Dumas by ontvangs en Nicky van Eeden, Markus se assistent. 

“Ek voel welkom in Gansbaai en sal sover moontlik alles doen wat ek kan om goeie diens te lewer,” het Markus aan Gans-Berg Nuus gesê. “En, o-ja, ek het spesiaal 'n nuwe tandartsstoel vir die spreekkamers gekoop!” Markus kan alle tandheelkunde van enige aard hanteer en, waar hy nie kan nie, sal hy die nodige verwysings doen.

Markus is oorspronklik van Pretoria, maar het sy studies in 2016 aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi. Hy het in Johannesburg tot Februarie 2024 gewerk, maar die rustigheid en natuurskoon van die Wes-Kaap het sy hart gesteel. “Toe besluit ek om Wes-Kaap toe te verhuis met die oog daarop om 'n praktyk te open,” vertel hy. Markus is ongetroud, maar, jammer vir die ongetroude dames-pasiënte, sy verlowing is in die pyplyn - miskien nog vir hierdie jaar! Hy sê hy is baie lief vir die buitelewe, hou van oefen en is ook 'n Driekamp-atleet - dus lekker fiks.

“Ek is wel uitgekontrakteer, maar vra standaard mediesefonds tariewe - pasiënte moet dus betaal en dan by hulle mediesefondse eis,” het hy gesê. Die spreekkamers is tans net op Maandae en Dinsdae vanaf 08:30-16:30 en Vrydae vanaf 08:30-15:30 oop. Dit is in die Fynbossentrum, hv Hoof- en Fabriekstrate geleë. Vir afsprake kan hulle by 071 125 3450 geskakel word, of stuur 'n epos aan drmjbotesinc@gmail.com.

Hardus Botha

Welkom aan nuwe Tandarts

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles