Blog

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Gans-Berg Nuus / News

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Sondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het. 'n Goed geordende en gesamentlike Erediens van die NG-/VG-gemeentes, onder leiding van ds Foors Avenant, is aangebied - die vieringe het ook met Wêreld Afrikadag saamgeval. Wêreld Afrikadag gedenk die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid op 25 Mei. Na afloop van die besonderse diens, is twee bome as simbolisering van die twee gemeentes geplant.

Dr Daniël de Wet van Getuienisaksie was aan die woord tydens die diens en sy tema was 'Die roeping van die kerk soos in tye soos hierdie met die klem op die rol van plaaslike gemeentes.' Daarna het ds Sean Esterhuizen van Diaconia van die Wes-Kaap Sinode opgetree met sy tema van 'Diakonia - Ontmoeting met God in Diensbaarheid'. “Ons vier vandag hierdie saam-behoort, ons gesamentlike geroepenheid en ons saam-in-diens-wees tydens hierdie Erediens,” het Floors gesê.

Tussendeur het die kore van die VGK en NGK afsonderlik en gesamentlik gepaste liedere gesing. Betrokkenes saam met Floors op die kansel was ds Dirk van Dyk, dr Daniël de Wet en ds Sean Esterhuizen. Na afloop van die diens is die gemeente vir 'n koppie tee/koffie en verversings in die Kleinsaaltjie genooi.

Daarna is belangstellendes genooi om die amptelike boomplanting as simbolisering van die eenheid tussen die VG-/NG-gemeentes by te woon. Twee Waterpeerbome, wat regoor Afrika voorkom, is onderskeidelik en met groot opgewondenheid geplant.

Reeds in Mei 2024, saam met die 80ste bestaansjaar van die NGK, is die Gansbaai NG-/VG-gemeents saamgevoeg om as 'n eenheid te funksioneer - asook en spesifiek Bediening Missionaal (NGK) en Getuienisaksie (VGK), onder die nuwe naam: Gansbaai NH-/VG Bediening Missionaal. “So is ons toenemend gehoorsaam aan die deel van die eenheid in die Drie-Eenheid en aan die oproepe in die Nuwe Testament daarrondom,” ds Floors gesê. “Vandag vier ons hierdie saam-behoort, ons gesamentlike geroepenheid en ons saam-in-diens-wees.”

Die Sendingsondag is afgesluit met 'n smaaklike aansitete, voorberei deur die NGK se Bediening Gasvryheid se knap dames. Alle dienende NG-/VG-leraars, besoekende leraars en enkele genooide gaste kon die middagmaal geniet en gesellig saamkuier.

Hardus Botha

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Huge Thanks to Our BARC Fun Day Heroes!

Huge Thanks to Our BARC Fun Day Heroes!

A massive thank you to everyone who made our BARC Fun Day an incredible success!

BARC Animal Welfare
Explore the Wild Nature of Grootbos

Explore the Wild Nature of Grootbos

Grootbos is home to a diverse and incredible range of fauna and flora...

Grootbos Foundation
Don’t Let Fear Stop Your Dream

Don’t Let Fear Stop Your Dream

Fear and doubt will ensure that you talk yourself out of your new venture even before you start.

Vyf kersies op Gans-Berg Nuus se verjaarsdagkoek

Vyf kersies op Gans-Berg Nuus se verjaarsdagkoek

Op 3 Julie 2020, toe die Gans-Berg Nuus sy eerste 'lig' aanskou het, was dit in die 'hitte' van die Covid-pandemie - 5 jaar gelede.

Gans-Berg Nuus / News
Your Winter Aircon Checklist with Just Chilling!

Your Winter Aircon Checklist with Just Chilling!

Winter is here, make sure your aircon is ready to keep you warm and comfy. 

Just Chilling
Skaakprestasie!

Skaakprestasie!

Baie geluk aan Isabelle de Villiers (O/9) wat op Saterdag, 19 Julie aan die Cape Winelands Open Skaaktoernooi deelgeneem het. 

Laerskool Gansbaai
See All Articles