Blog

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Gans-Berg Nuus / News

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Sondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het. 'n Goed geordende en gesamentlike Erediens van die NG-/VG-gemeentes, onder leiding van ds Foors Avenant, is aangebied - die vieringe het ook met Wêreld Afrikadag saamgeval. Wêreld Afrikadag gedenk die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid op 25 Mei. Na afloop van die besonderse diens, is twee bome as simbolisering van die twee gemeentes geplant.

Dr Daniël de Wet van Getuienisaksie was aan die woord tydens die diens en sy tema was 'Die roeping van die kerk soos in tye soos hierdie met die klem op die rol van plaaslike gemeentes.' Daarna het ds Sean Esterhuizen van Diaconia van die Wes-Kaap Sinode opgetree met sy tema van 'Diakonia - Ontmoeting met God in Diensbaarheid'. “Ons vier vandag hierdie saam-behoort, ons gesamentlike geroepenheid en ons saam-in-diens-wees tydens hierdie Erediens,” het Floors gesê.

Tussendeur het die kore van die VGK en NGK afsonderlik en gesamentlik gepaste liedere gesing. Betrokkenes saam met Floors op die kansel was ds Dirk van Dyk, dr Daniël de Wet en ds Sean Esterhuizen. Na afloop van die diens is die gemeente vir 'n koppie tee/koffie en verversings in die Kleinsaaltjie genooi.

Daarna is belangstellendes genooi om die amptelike boomplanting as simbolisering van die eenheid tussen die VG-/NG-gemeentes by te woon. Twee Waterpeerbome, wat regoor Afrika voorkom, is onderskeidelik en met groot opgewondenheid geplant.

Reeds in Mei 2024, saam met die 80ste bestaansjaar van die NGK, is die Gansbaai NG-/VG-gemeents saamgevoeg om as 'n eenheid te funksioneer - asook en spesifiek Bediening Missionaal (NGK) en Getuienisaksie (VGK), onder die nuwe naam: Gansbaai NH-/VG Bediening Missionaal. “So is ons toenemend gehoorsaam aan die deel van die eenheid in die Drie-Eenheid en aan die oproepe in die Nuwe Testament daarrondom,” ds Floors gesê. “Vandag vier ons hierdie saam-behoort, ons gesamentlike geroepenheid en ons saam-in-diens-wees.”

Die Sendingsondag is afgesluit met 'n smaaklike aansitete, voorberei deur die NGK se Bediening Gasvryheid se knap dames. Alle dienende NG-/VG-leraars, besoekende leraars en enkele genooide gaste kon die middagmaal geniet en gesellig saamkuier.

Hardus Botha

Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenheid

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles