Blog

Predikant-poppekas met humor én boodskappe

Predikant-poppekas met humor én boodskappe

Gans-Berg Nuus / News

Predikant-poppekas met humor én boodskappe

“Die idee van 'n Poppekas het baie jare gelede in Venda begin waar ek Sendingpredikant was,” vertel Emerituspredikant, ds Franna Herselman. “Dit het maar baie klein begin, maar 'n oom het later 'n groot poppekas op wiele vir my gemaak.” Franna skryf sy eie stories vir sy twee toneelspelers, Varkie en Muis. Hy gebruik ook gereeld van sy preke om die evangelieboodskap op eg-kinderlike wyse oor te dra. Varkie, met die growwe stem, is die 'vark in die verhaal' wat praat soos hy voel en homself in heel duidelike en reguit taal uitdruk. Muis, daarteenoor, het 'n sagte hartjie met die gewete en probeer voortdurende om Varkie te oortuig van wat reg en wat verkeerd is. Die verskeidenheid van verhale vanuit die poppekas, is hoofsaaklik leersaam vir kinders, maar word op 'n humoristies en kostelike wyse oorgedra. Hy geniet dit ook om sy eie humoristiese stories te skryf - humor vloei in dié man se bloed, dit is verseker.

Voor die grasdakhuis met die pragtige voortuintjie in Franskraal, staan die Emerituspredikantspaar, Franna en Charlotte Herselman, rustig op hulle gaste en wag - bokant die houtvoordeur pryk die huis se naam: 'frannaskraal'. Hulle vriendelike gesigsuitdrukkings spreek net van een ding, hier is gaste en humor altyd welkom. Hierdie afgetrede predikant, wat aanvanklik vir Medies, asook Ingenieurswese, Universiteitstoelating gekry het, het op 'n teologiese rigting besluit.

Franna is op 23 Maart 1957 in George gebore en het later saam met sy ouers na Germiston verhuis. Na matriek deurloop hy 'n Offisiers-/Leierskursus in die destydse Suid-Afrikaanse Weermag, met baie humoristiese stories wat hy oor daardie tydperk te vertelle het. Twee van sy mede-dienspligtiges het agter Franna deur 'n rivier geswem en altwee het verdrink. “Ek kon saam met hulle verdrink het en dié insident het my geroepe laat voel om teologie te studeer,” het Franna vertel. Charlotte vertel dat 'swot' vir Franna soos 'n stokperdjie was - hy kon eenvoudig nie genoeg daarvan kry nie - in totaal het hy sowat 94 universiteitsvakke geslaag! (BA Admissie; BD Teologie; DPTHOL; MTH; MBL); NOS Onderwys.) Charlotte is op 27 Junie 1958 in Pretoria gebore. Na matriek behaal sy haar BA ED aan die Uiniversiteit van Pretoria (Tukkies). Sy begin haar onderwysjare aan die Hoërskool Langenhoven en volg haar studies later op met 'n B.ED Honneurs in Begaafde Kind Onderwys.

Die egpaar het mekaar tydens hulle Tukkie-jare ontmoet en is op 3 April 1982 in Pretoria in die huwelik bevestig. Twee seuns is uit die huwelik gebore: Wiese, wat verlede jaar oorlede is en Gerhard (36) wat in Tamboerskloof woon. In 1984 is die egpaar na Venda waar hulle vir sowat 11 jaar die Sending-egpaar was. In Durban het Franna vir 27 jaar in onderskeidelik drie gemeentes as leraar gedien. Na 39 jaar in die bediening, het Franna in 2023 emeritaat ontvang en het die egpaar in Franskraal kom aftree.

Aan stokperdjies en besig-bly is daar nie 'n tekort nie. Charlotte is lief vir skilder; skryf gedigte; sny hare by HaS; ry graag fiets. “Ek hou daarvan om mooi te maak, wat dit ookal is wat mooigemaak kan word,” vertel sy. Franna kry trane is sy oë as hy oor treintjies praat en gaan haal summier 'n yslike kartondoos en bring dit sitkamer toe - volgepak met treintjies, lokomotiewe en baie spesiale treinwaens, passasierswaens, kondukteurswaens en baie meer. Die egpaar is ook aktiewe koorlede by die NGK Kerkkoor en Franna is gereeld beskikbaar vir die hou van eredienste wanneer nodig. Die egpaar is ook lede van die emerituspredikante-groep, wat gereeld bymekaar kom, met Franna se Poppekas wat steeds nie inmekaargetuimel het nie!

Hardus Botha

Predikant-poppekas met humor én boodskappe

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles