PLATTELAND TENNISTOERNOOI
Twee van ons leerders (boetie and sussie), Daniël en Isabelle de Villiers, het die afgelope naweek deelgeneem aan die Platteland Tennistoernooi vir Laerskole waaraan 256 spelers deelgeneem het. Hier het hulle nuwe maats gemaak en ou maats raak-"gespeel". Die Overberg O/11-span het 2de geeïndig en hul O/10-span het 4de geeïndig. Goeie sportmangees het beslis geseëvier! Welgedaan aan ons twee Gansies - super trots op jul entoesiasme vir en harde werk aan jul tennis!









