SKAAK
Baie geluk aan ons twee Gansies wat die afgelope naweek, 25 and 26 Oktober, aan die Wes-Kaapse Klubkampioenskappe in spanverband deelgeneem het.
Hulle het hul klub, African Chess Lounge, verteenwoordig.
* Rossouw Coetzer het in die C-afdeling gespeel, en sy span het ’n derde plek behaal.

* Hanro Coetzer het in die B-afdeling deelgeneem, en sy span het eerste geëindig. Hanro het ook die bordprys op bord 2 gewen met ’n volle 5 uit 5 oorwinnings!

Trots op julle!









