Skitterende Sterre Agter die Lens
Ons is ongelooflik trots op ons Mediaklub wat Saterdag tydens die Mini-krieketdag vir die eerste keer hul vaardighede gewys het. Die opgewondenheid was aansteeklik en hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt!
Dit was wonderlik om te sien hoe hierdie jong fotograwe en verslaggewers die aksie op die veld vasvang.
Welgedaan, julle is ware bates vir Laerskool Gansbaai!
Op foto vlnr:
Ninke du Plessis, Abbigail Hage, Vera Long en Sylvie Pretorius.










