SKAAK - Anneke du Preez en Isabelle de Villiers
Anneke du Preez (Graad 6) en Isabelle de Villiers (Graad 4) het die afgelope naweek aan die Cape Winelands Queens Rapid-skaaktoernooi in Stellenbosch deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar teen sterk kompetisie. Isabelle het 12de geeïndig in die o.12-afdeling, met Anneke wat 'n 1ste plek in die o.14-afdeling behaal het.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!











