Dagboek 9 Junie tot 15 Junie 2014

Dagboek 9 Junie tot 15 Junie 2014

NG Kerk Gansbaai

KONINKRYKSTYD

WAT IS KONINKRYKSTYD?

Die tydperk na Pinkster – tot en met Advent – staan algemeen in die kerklike kalender as ‘gewone’ tyd bekend, maar in hierdie Leesrooster verwys ons daarna as Koninkrykstyd. Die tipering van ‘gewone’ tyd verwys na die tweede helfte van die kerklike jaar in onderskeiding van die besondere of primêre feeste op die kerklike kalender (Advent, Kersfees, Lydenstyd, Paasfees en Pinkster).

Wanneer vier ons Koninkrykstyd

Hierdie seisoen na Pinkster begin met Triniteitsondag en eindig met die Sondag van Christus die Koning. Enersyds sluit dit Pinkster af en lei later die seisoen van Advent in.

Koninkrykstyd val by ons (in die Suidelike Halfrond) in herfs en veral in die winter waartydens ons ‘die groen’ van die natuur sien verdwyn. Vanuit die natuur beleef ons hier in Suider-Afrika (anders as in die Noordelike Halfrond) die tekens van afsterwe en doodsheid.

Dit is egter die uitdaging van Pase en Pinkster om die krag van die opstanding te midde van hierdie sigbare tekens/ werklikheid te verkondig, te bely en liturgies te ervaar en uit te leef.

Wat vier ons in Koninkrykstyd?

In hierdie seisoen (soos die naam ook aandui) vier ons die vestiging van die heerskappy / Koninkryk en handelinge van die Drie-enige God (Skepper, Verlosser / Bevryder en Trooster) in elke faset van ons lewe en die wêreld. Ons taak is dus om in hierdie tyd die wonderlike gawes wat ons ontvang het met al die feeste, uitleef in die lewe van elke dag uit te leef.

Koninkrykstyd herinner ons telkens (op die dag van die Here) aan die eenheid en interaksie tussen ‘belydenis en lewe’; tussen ‘teks en konteks’; tussen ‘kerk en wêreld’; tussen ‘die reeds en die nog-nie’; tussen ‘woord en daad’. Dit herinner ons verder elkeen daaraan om ‘liturgie en lewe’; ‘teks en konteks’; ‘skriftuurlik en aktuele temas’ in die liturgie en die prediking sinvol te integreer.              Bron: Leesrooster van die Kerk

Maandag 9 Junie

14:00 Goue Hande Nestuursvergadering

15:00 Goue Hande Alg Vergadering

Dinsdag 10 Junie 

08:00 Tel van Huppel en Kruppel Bussies

16:30 Gebed en Intersessie

Woensdag 11 Junie

Geen Bybelskool

18:00 Gemeentebiduur by Herberg aan See

Donderdag 12 Junie

16:00 Kooroefening

Vrydag 13 Junie

09:00 - 12:00 Markdag

Sondag 15 Junie 2014

Vadersdag

09:30 Erediens Gansbaai Kerk, Prediker Ds Dirk van Dyk

09:30 Erediens Baardskeerdersbos, Prediker Dr Bobo van Zyl 

Dagboek 9 Junie tot 15 Junie 2014

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles