Seestrome 2014 - 70 jaar van Gemeente wees

Seestrome 2014 - 70 jaar van Gemeente wees

NG Kerk Gansbaai

Met hierdie spesiale uitgawe van “Seestrome” herdenk ons die sewentigjarige bestaan van ons gemeente – die Nederduitse Gereformeerde Gemeente van Gansbaai, afgestig van die Stanford-gemeente in die jaar 1944.

Hoe kan ons anders as om al die dank en die eer en die lof van ons harte aan die Here te bring!

Oor die jare - en veral sedert die middel  negentigs - het Gansbaai-gemeente groot veranderinge ondergaan. Oor die lengte en die breedte van ons land het nuwe lidmate by die gemeente aange-sluit. Die Here het die eens vissermansgemeente omskep in ‘n diverse gemeente. ‘n Groot persen-tasie van die gemeente bestaan tans uit afgetrede mense wat hier in Gansbaai, De Kelders, Perle-moenbaai, Kleinbaai, Franskraal, Uilkraalsmond, Pearly Beach en Baardskeerdersbos kom woon het.         

Ons wil hulde bring aan die vissersgemeenskap wat hier op Gansbaai vir ons ‘n pragtige kerkge-bou opgerig het en wonderlike fasiliteite voorsien het en die grondslag van die plaaslike gemeente gelê het. Ons eer gemeenteleiers en gemeente-lede wat ons vooruitgegaan het, maar terwyl hulle hier was, gemeente gebou het.  

Ons gemeente het oor die jare die voorreg gehad om in die gemeenskap van Gansbaai die koninkryk van God te kon dien. In en uit ons eredienste is die evangelie van Jesus Christus uitgedra. Daar is vele dankoffers gebring en vele liefdeswerke gedoen. Dit is ons gebed dat ons gemeente nog baie jare lank in die toekoms in, aan ons hoë roeping diensbaar sal wees. 

Die gemeente het goeie tye en moeilike tye beleef. Deur alles was die Here getrou. 

Bewus van ons eie swakheid, vertrou ons op die Here se liefde en genade, sy ontfermende sorg, raad, leiding en toerusting vir ons gemeente in die toekoms.

Dit is ons gebed dat ons gemeente in ons ge-meenskap ‘n draer van lewende hoop sal wees.

♦ Mag die NG Kerk in Gansbaai se gemeenskap - en veel wyer! - bekend wees as ‘n gemeente met oop deure, getuigend diensbaar aan die evangelie van die Gekruisigde Jesus as die Christus van die grootste sondaar. 

♦ Mag die NG Kerk in Gansbaai se gemeenskap bekend wees as ‘n gemeente met ‘n hart van deernis vir gebroke mense. 

♦ Mag die NG Kerk in Gansbaai bekend wees as ‘n gemeente wat blymoedig gee - ons beste vir ons God.  Soli Deo Gloria.

Seestrome 2014 - 70 jaar van Gemeente wees

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles