Seestrome 2014 - 70 jaar van Gemeente wees

Seestrome 2014 - 70 jaar van Gemeente wees

NG Kerk Gansbaai

Met hierdie spesiale uitgawe van “Seestrome” herdenk ons die sewentigjarige bestaan van ons gemeente – die Nederduitse Gereformeerde Gemeente van Gansbaai, afgestig van die Stanford-gemeente in die jaar 1944.

Hoe kan ons anders as om al die dank en die eer en die lof van ons harte aan die Here te bring!

Oor die jare - en veral sedert die middel  negentigs - het Gansbaai-gemeente groot veranderinge ondergaan. Oor die lengte en die breedte van ons land het nuwe lidmate by die gemeente aange-sluit. Die Here het die eens vissermansgemeente omskep in ‘n diverse gemeente. ‘n Groot persen-tasie van die gemeente bestaan tans uit afgetrede mense wat hier in Gansbaai, De Kelders, Perle-moenbaai, Kleinbaai, Franskraal, Uilkraalsmond, Pearly Beach en Baardskeerdersbos kom woon het.         

Ons wil hulde bring aan die vissersgemeenskap wat hier op Gansbaai vir ons ‘n pragtige kerkge-bou opgerig het en wonderlike fasiliteite voorsien het en die grondslag van die plaaslike gemeente gelê het. Ons eer gemeenteleiers en gemeente-lede wat ons vooruitgegaan het, maar terwyl hulle hier was, gemeente gebou het.  

Ons gemeente het oor die jare die voorreg gehad om in die gemeenskap van Gansbaai die koninkryk van God te kon dien. In en uit ons eredienste is die evangelie van Jesus Christus uitgedra. Daar is vele dankoffers gebring en vele liefdeswerke gedoen. Dit is ons gebed dat ons gemeente nog baie jare lank in die toekoms in, aan ons hoë roeping diensbaar sal wees. 

Die gemeente het goeie tye en moeilike tye beleef. Deur alles was die Here getrou. 

Bewus van ons eie swakheid, vertrou ons op die Here se liefde en genade, sy ontfermende sorg, raad, leiding en toerusting vir ons gemeente in die toekoms.

Dit is ons gebed dat ons gemeente in ons ge-meenskap ‘n draer van lewende hoop sal wees.

♦ Mag die NG Kerk in Gansbaai se gemeenskap - en veel wyer! - bekend wees as ‘n gemeente met oop deure, getuigend diensbaar aan die evangelie van die Gekruisigde Jesus as die Christus van die grootste sondaar. 

♦ Mag die NG Kerk in Gansbaai se gemeenskap bekend wees as ‘n gemeente met ‘n hart van deernis vir gebroke mense. 

♦ Mag die NG Kerk in Gansbaai bekend wees as ‘n gemeente wat blymoedig gee - ons beste vir ons God.  Soli Deo Gloria.

Seestrome 2014 - 70 jaar van Gemeente wees

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles