Seestrome 2014 : Kerkgeboue van die NG Gemeente Gansbaai

Seestrome 2014 : Kerkgeboue van die NG Gemeente Gansbaai

NG Kerk Gansbaai

BAARDSKEERDERSBOS

Die kerk op B’Bos is in 1922 voltooi. Van ongeveer 1909 is daar gereeld buitedienste te B’Bos en Gansbaai gehou. Eredienste vind steeds elke eerste en derde Sondag in die B’Bos-kerkie plaas. Die gemeentelede (meestal boere) versorg die kerk en terrein met trots. Hul jaarlikse kerkbasaar en die B’Bos-boereorkes is landswyd bekend. Elke jaar in Maart word hul basaar deur besoekers van heinde en ver ondersteun. In 2005 het die boeregemeenskap ingespring en is kategeselokale langs die kerk aangebou, wat hul fasiliteite verbeter het.  Die herdenking van die 90-jarige bestaan van B’Bos se kerkgehou is die eerste naweek van Mei 2012 met groot vreugde en feestelikheid gevier.

Die hoogtepunt was die spesiale dankdiens wat deur dr. Bobo van Zyl gelei is. Die kerkgangers          was in outydse kerkdrag geklee. ’n Baie besonderse geleentheid

GANSBAAI:

Die hoeksteen van die eerste kerkie  in Gansbaai (by die laerskool) is op 30/3/1922 gelê. In 1955 het die skool die saaltjie en grond gekoop.

Die huidige kerkgebou is op 5/12/1953 ingewy.

In 2003 is die 50ste bestaansjaar van dié kerk gevier en was dit ‘n groot voorreg toe ds. J.L.P. Zietsman, wat van 1950-1959 leraar in die gemeente en aanvoerder tot die bou van die kerk was, by die spesiale Nagmaalsdiens teenwoordig kon wees. In 2013 was die kerk dus 60 jaar oud.

Die gedenktuin/-muur (met nissies) tussen die kerk en saal, was ‘n gemeenteprojek, ‘n netjies aanbouing wat in 2013 voltooi is.

Die kerkklokhorlosie en toring word tans herstel en dit behoort binnekort weer in werking te wees.

Die Pretoriussaal is in 1965 voltooi. Ds D.W.A. Pretorius en gemeente-lede het die bou van die saal eiehandig aangepak en voltooi vir meer as die helfte minder as die laagste kwotasie. Naas die kerk is die Pretoriussaal dié bymekaarkomplek waar lidmate en kinders  uit al die streke, bymekaarkom.

In 2010 is die kombuis, van die Pretoriussaal, pragtig vergroot en gemoderniseer.

Aanbou van kleinsaaltjie 2008

Dié geloofsprojek is in 3 mnde. voltooi! Lidmate (mans en vroue) het planne gemaak, gebid, finansieël en andersins bydraes gemaak en fisies help bou, ge-werk, geteel, geverf . ‘n Wonder!

PEARLY BEACH

Maart 2003 is die kerksaal op Pearly Beach ingewy. Gemeentelede is opreg trots op dié gebou waar daar elke 2de en 4de Sondag ‘n erediens plaasvind. Kerkbasaars en byeenkomste word hier aangebied. Die kerk is as ‘n geloofsprojek in 2003 aangepak deur ‘n gebedsgroep en hulle het oorweldigende goeie samewerking en ondersteuning van die hele Gansbaai-gemeente ontvang.

Sondag 23-6-2013 het Pearly Beach se lidmate die 10de bestaansjaar van hul kerkgebou gevier. Die viering het ook die aanbouing van die nuutgeboude stoep ingesluit.

Die Kerk en Gemeente van God : BET-EL en EBEN-HAESER.

Ons lees in die Bybel : Jakob het in verwondering en ontsag uitgeroep: “Die Here is op hierdie plek en ek het dit nie besef nie. Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die Hemel.” Hy rig ‘n klipmonument vir die Here op en hy noem die plek Bet-El.  In ons gemeente se 70 jaar van gemeente-wees het baie dinge gebeur. Daar was vreugde, smart, veranderinge . . . maar die Here het die gemeente beskerm en bewaar. Soos Samuel destyds by Mispa, vat ons simbolies nou ook met die herdenkingsfees-naweek ‘n klip en sit dit regop : Eben-Haeser: “ . . .  tot nou toe het die Here ons gehelp.” Dank die Here.

Seestrome 2014 : Kerkgeboue van die NG Gemeente Gansbaai

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles