Seestrome 2014 : Kerkraad en gemeente-wees

Seestrome 2014 : Kerkraad en gemeente-wees

NG Kerk Gansbaai

Statistiek: Profiel en totale van ons gemeente in 2014

Tipe gemeente:  Die afgelope klompie jare het Gansbaaigemeen-te (wat bestaan uit die ses streke van De Kelders, B’Bos, Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal en P’Beach) van ‘n eenmans-leeraarspos met ‘n pastorale tipe gemeente tot ‘n korporatiewe/ makrogemeente met drie leraarsposte gegroei. (Sien organogram/kaart op bl. 7).

Lidmate en kinders: Van 690 lidmate in 1944 het die gemeente tot die huidige totaal van 2 362 belydende lidmate en 281 dooplidmate, op rekord, verander. Die oorgrote meerderheid van die gemeente is persone van 55 jaar en ouer.

Lidmate 70 jaar en ouer : Met die doel om eerstens al die Gansbaai-kinders van 70 jaar gelede en tweedens die oudste lidmate te identifiseer het die Seestrome-groep ’n opname gemaak van al die gemeente se lidmate se ouderdomme, asook wie gebore Gansbaai-ers is. Tans is 11%  van die belydende lidmate 70 tot 79 jaar en  3% is 80 jaar en ouer.

Ampte : Kerkraads- en kommissielede:  kerkraadsposte 2014:  Ouderlingsposte : De Kelders 12, Gansbaai-dorp 16, Kleinbaai  6, Franskraal  9, Baardskeerdersbos 4, Pearly Beach 5. Totaal:  51ouderlingposte waarvan 15 vakant is.

Diakenposte: De Kelders 12, Gansbaai-dorp 16, Kleinbaai 6, Franskraal 9, Baardskeerdersbos 4,  Pearly Beach 5. Totaal: 50 diakensposte waarvan 21 vakant is.

Omgeepersone en hulpwerkers:Danksy dié stelsel van hulpwerkers, wat diakens en ouderlinge in die wyke en blokke ondersteun, is daar goeie kontak tussen lidmate en die leraars en kerkraad. Hierdie lidmate is ‘n onmisbare deel van die gemeente se “hande en voete”, wat met omgee en hulpwerk baie belangrike dienswerk verrig.

Kommissies met bedieninge met hul taakgerigte diensgroepe:Die kommissies en bedieninge speel ‘n baie groot rol in die ge-meentevisie en die koördinering en taakgerigte bedieninge.  Veral word gemeentelede se betrokkenheid, hul kundigheid en die uitleef van hul Christenskap maksimaal benut. So versterk en ondersteun die kommissies ook die kerkraad.

Kerkraad

Op die foto onder is die groep wat in 1944 die leiding geneem het as eerste Kerk-raad. Agter: J.P. Groenewald; L.P. Moolman; J.P. le Roux; J.P.H. le Roux; H.P. Smit; P. Swart (koster); Voor: J.C. de Wet; D.C. Swart; J.R. Barnard; Ds. P.F. de V. Muller (konsulent); C.H. Fourie; J.J. Germishuys.

Na die stigting van die gemeente, het hulle die eerste predikant beroep en die kerkboufonds begin! Ds. P.A.M. Brink het in 1945 die beroep aangeneem.

Na sewentig jaar het vele lidmate as kerkraadslede in Gansbaai, Baardskeerdersbos en Pearly Beach diens gedoen. Uit  die kerkraadsnotules kan ‘n verhaal van hoe God sy gemeente deur die jare geseën het, en hoe lidmate hul Christenskap met liefde en toewyding as ouderlinge en diakens aan hul Here, die kerk en die Gansbaai-gemeente uitgeleef het, deurgaans raakgelees word. Van die klein pastorale gemeente met 690 lidmate het die gemeente tot ‘n groot/korporatiewe gemeente gegroei met 2 362 belydende lidmate en 281 dooplidmate, soos tans op rekord.

1987 : Eerste egpaar om in die kerkraad te dien: Kallie en Annatjie Liebenberg was dié egpaar. Annatjie was terselftertyd die eerste vrou om in die kerkraad te dien. Saam het hulle vir verskeie termyne as diaken en/of ouderling in die NG kerkraad gedien.

Kallie was vanaf 2006 koster by die Gansbaai-kerk. Hy het ‘n pragtige stem gehad en was baie jare lank lid van die gemeentekoor. Hy is in 2011 oorlede. Dit was toe ook heel gepas dat die eerste nis in die gedenkmuur vir Kallie gebruik is, hier waar hy etlike jare ‘n gewilde, hulpvaardige en geliefde koster en meelewende gemeentelid was.

Vyf pa’s en seuns wat saam in die kerk-raad in die 1980’s gedien het, foto onder (v.l.n.r.) Lammie Fourie en sy seun Adri, Boetie en sy pa Johnny (Mike) Germishuys, ds. Bosman, Wimpie en sy pa Willem Niemand, Alwyn en sy pa Jan Naudé en Hentie van Rhyn en sy seun.

Seestrome 2014 : Kerkraad en gemeente-wees

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles