Seestrome 2014 : Gemeentelede se onthou-stories 2

Seestrome 2014 : Gemeentelede se onthou-stories 2

NG Kerk Gansbaai

Ds. D.C. (Dirk) van Dyk se Gansbaai-wortels

Ds. D.C. (Dirk) en Marina van Dyk is op 4/8/2006 verwelkom en hy is in sy amp as derde gemeente-leraar van die NG-gemeente Gansbaai bevestig.  Die gedig (onder) is spesiaal, n.a.v. sy intreepreek vir ds. Dirk deur Dries van Heerden geskryf. 

Ds. Dirk se pa en voorgeslag was ook oud-Gansbaaiers. Sy pa, ds. Dirk van Dyk sr, is op 29/3/1910 in Gansbaai gebore en was een van 7 kinders van ‘n vissersmansgesin. Hulle huis was waar die karavaanpark vandag is. Ds. Dirk sr. is op 6 jaar na Gansbaai Laerskool, en was tot en met sy afsterwe die oudste oud-leerling van die skool wat in 2006 sy 100-jarige bestaan gevier het. Sy seun, ds. Dirk van Dyk, vertel dat ds. Dirk sr. op 13 jaar, die skool moes verlaat om, soos die meeste van sy tydgenote, te gaan visvang om te help met die versorging van die gesin, veral na sy pa se dood. Hy was 13 jaar lank‘n visserman. Toe hy 26 jaar was is hul vissersboot deur fratsgolwe omgekeer. Terwyl ds. Dirk vir oorlewing strand toe geswem, het, het hy ‘n belofte aan die Here gemaak dat, indien sy lewe gespaar word, hy voltyds vir Hom sal gaan werk. Al die bemanningslede het veilig op die strand aangekom en ds. Dirk het sy belofte gehou.

Vasberade is hy op 26 j. terug skool toe! Hy het hard gewerk en het st. 7 en 8 in een jaar verwerf, en st. 9 en 10 (grade 11 en 12) die volgende jaar in Bredasdorp, waar hy ook ‘n steunpilaar in die rugbyspan was. Daarna is hy na Stellenbosch, kweekskool, waar hy in 1946 op 36 jaar, as predikant afstudeer. Met CSV vakansiedienste in Hermanus het hy sy groot liefde, Hester, ontmoet. Hulle  is in 1947 in die huwelik bevestig en het 3 seuns, Louis, Dion en Dirk, en ‘n dogter, Marietjie. In 1980 tree hy op die ouderdom van 70 jaar af en die egpaar woon in Franskraal, waar hulle vroeër gedurende die vyftigerjare ‘n vakansiehuis gekoop het. Hy is oorlede en sy begrafnisdiens is op 2/8/2006 deur dr. Van der Walt gelei. Daarna is die teraardebestelling in Gansbaai-begraafplaas deur sy seun, ds. Dirk van Dyk, waargeneem.

Dominee, waar’t jy van die see geleer?

Ken jy sy donker diepte, sy woeste wind?

Waar sal jy sy pêrels vind?

Weet jy van verdwaal in dik misweer?

Aan wie’s jy geanker, Meneer?

Welkom in die Gansbaai-skuit.

Ons weet jy ken jou werk en plek.

Roei gelyk, in gelid en trek, trek!

Laai jou hoek met Evangelie-bait

en wag op dit wat God ontsluit.

Bring jou bokkoms na die Here,

offer siele uit ‘n stormsee.

Hy skenk jou rus, en vree.

Seën mense met liefde en genade,

want hul’s die sout van die aarde.

As jy moeg en moedeloos is,

of kommerkanker jou kis,

weet dán, dat ons vír jou is.

Mag jy nie ophou kniel nie.

Sý goedheid sal nie opraak nie!

Om kerkraadslid te wees . . . Tannie Hermine Groenewald vertel :

"Jare gelede toe ek in mnr. Zietsman se kantoor gewerk het, waar ons onder andere die vissersbote en bemanning se boeke gedoen het, kom een boot-eienaar/skipper met die bynaam Johnny Predikant by my lessenaar sit en vra of ek hom kan raad gee. Hy en sy tweelingbroer, Louwie Lourens, is tydens die jongste kerkraadsvergadering tot die amp van diakens verkies. Hulle ma was ontsettend verheug; sy het altyd met Pinkster deur haar trane heen die kinders by die name genoem wanneer sy vir hulle gebid het. Ek wens Johnny geluk en vra wat sy probleem is. Plegtig vou hy sy hande, kyk my in die oë en sê: "Ek doen te veel sonde." Ek antwoord: "Noem wat is die grootste.” Sy antwoord: "Ek vloek te veel, veral snags op die skuit.” Toe dink ek diep en sê vir hom: "As dit al is wat jou pla, kan jy maar die amp met vreugde aanvaar, solank jy gaan probeer en aanhou bid vir die Here se hulp, want daar is nie een kerk-raadslid wat nie ook sondaar is nie.” Hulle bevestiging deur ds. Bosman was 'n heuglike gebeurtenis, getemper deur die trane oor hulle ma se afsterwe 'n paar weke voor die tyd.”

“Ek dink dit is wat kerkraadslid werklik beteken: Om te weet hoe groot my sonde en ellende is en dat ek in Christus 'n genadige God het. Dat ek ook 'n lewe lei van val en opstaan, opstaan en

weer val . . . Gelukkig in die hande van Hom wat my dra.

Dit is my voorreg om vir 24 jaar feitlik ononderbroke (net 'n drie maande onderbreking) op Gansbaai se kerkraad te kan dien, eers as diaken en daarna as ouderling. Ek onthou al die wonderlike predikante wat ons gelei het, die hoogs bekwame en gelowige leier- ouderlinge en diakens en ek het nooit 'n kerkraadslid geken wie nie as 'n mooi christen  opgetree het nie. Ek onthou toe oom Jacob de Villiers leier-ouderling was en Johan Pieterse leier-dia-ken, dat daar op hul horlosies gekyk is hoe vinnig en effektief die nagmaal deur die diakens bedien kon word.”

“Ek was ook bevoorreg om 'n pad saam met my Blomparksusters en broers te kon loop, vandat ek vir 'n tydjie hulle kerkboeke gedoen het totdat ek kon beleef dat hulle ook saam met my in die kerkraad dien (vanaf mnr. Carolus tot oom Julies wat gedurende daardie tyd hul predikers was). Ek dien nog steeds in die Aksie Kommissie van die NG kerk en VG kerk.”

“'n Mens moet ook 'n sekere ingesteldheid hê om die taak te kan verrig - jy moet veral 'n passie hê vir die maatskaplike sy en die deernis om mense te kan bystaan in tye van nood, siekte en sterfte. En somtyds as ek nostalgies raak dink ek: . . . Hoeveel preke,  hoeveel Pinksters, hoeveel boodskappe . . . Hoe bevoorreg was jy om dit alles te beleef en wat het jy daarmee gemaak . . .? God se genade is groot!"

Hierdie beskeie vrou word eersdaags (14 Desember) 80 jaar. Haar lewe is steeds vol van liefde en omgee. Sy is  lid van die Beheerraad van Herberg-aan-See, en ook aktief betrokke by Badisa.

Seestrome 2014 : Gemeentelede se onthou-stories 2

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles