Seestrome 2014 : Gemeentevroue oor jare aktief betrokke

Seestrome 2014 : Gemeentevroue oor jare aktief betrokke

NG Kerk Gansbaai

Ons gemeentevroue het nog altyd ‘n baie belangrike rol in ons gemeente en gemeenskap gespeel.

Reeds in 1922 het die “susters van die gemeente” die gordyne vir die eerste kerkie (by die skool) geskenk. Hulle het die fondse ingesamel deur straatverkopings en verkopings op oom Willie Swart se winkelstoep (die gebou regoor die skool).

Die vrouediens was eers bekend as die vrouesendingbond. In 1982 is die Gansbaai-tak onder leiding van mev. (ds.) Pretorius gestig.

Ons vrouens is die versorgers van gesinne en die ware opvoeders van ons kinders. Die vrou se kreatiwiteit en sensitiwiteit is die groot dryfveer agter die morele opbou en instandhouding van gemeenskappe. Vroue is nie net praters nie, maar vroue is by uitstek ook doeners. Dit is eie aan die vrou se aard om graag by dinge en mense betrokke te wees . . . mooi te maak en reg te maak. Vroue met omgee-harte en -hande. Blaai ons deur ou notuleboeke, ou gemeente-blaaie en luister ons na onthou-verhale, dan is dít wat ons gemeentevroue is!

Ons gemeente het ‘n unieke vroueprofiel. Party vroue het hier by die water grootgeword. Ander het eers later hier utgespoel om te kom rus. Baie vroue “skulp”  iewers tussen die rotse. Daar is dië wat rou, ander sukkel om kop bo die storms te hou. SÏŒ baie vroue. . . alleenvroue, siekes, ouer en jonger vroue. Dan is daar diégene wat die genade hul eie gemaak het, wat nie anders kan om daarvan uit te deel nie, besige vroue, meededeelsame vroue. Ons vroue van vandag wil ons verlustig in die Here en saam loof en lewe. Laat ons dan hier in Gansbaai die “Hawe van God se genade” - vroue wees wat in die voetspore van ons voorgeslag-vroue volg. Vroue wat van nuuts af lig bring. Vuurtoring-vroue. 

Alle vrouelidmate is outomaties lede van die Vrouediens, want dit is nie ‘n gewone klub nie. Dis ’n versamelpunt vir al die gemeentevroue om betrokke te wees en hul belangrike rol as vrou te speel, veral binne die gemeente, die bedieninge, omgeegroepe/wyke, vriendekringe en gesinne. So kan hulle saam met ander christenvroue dinge ondek, werk en ontspan. Gansbaai is deel van die Caledon-ring en val onder die Wes- en- Suid-Kaapse sinodale kantoor.

Die vrouediens-kommissielede word jaarliks per nominasie tydens ‘n algemene vergadering verkies en word saamgestel uit streekleidsters (De Kelders tot B’Bos) en bedieningsverteenwoordigers (Jeug, Diens van Barmhartigheid en Uitreik) en vorm die bestuur van die vrouediens. Ons is betrokke by Kenmekaar- aande, Wêreldbiddag vir vroue, afsluitingsfunksies, Vrydag-woekermark, ete vir Silwerjare, tee en Pinkstermaal in Pinkstertyd. Projekte waarby die vrouens betrokke is, is die Okkie-Smuts koshuis, (talle van Gansbaai se kinders is al vanaf 1921 in hierdie koshuis geplaas), Huis E van Robertson-kinderhuis, Gansbaai Maatskaplike Dienste, Opvoedingsfonds, brei en maak van warm toppies vir Transkei en Makhathini, brei van poppies vir Straatwerk-uitreike en vele meer.

Die foto’s nooi u: Kom geniet saam die herinneringe van sommige van die vorige jare se funksies. (kyk foto galery)

Seestrome 2014 : Gemeentevroue oor jare aktief betrokke

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles