Thys en Linda Cilliers en die organiseerders ervaar vlinders op hul maag, want Kersmark 2014 is nou om die draai. Daar word met groot afwagting uitgesien na wanneer die uitstallers hul harde werk van die afgelope jaar sal kom uitstal.
Die deure open op Woensdag 10-12-2014 om 09:00 en sluit daagliks om 18:00. Die mark duur tot 23 Desember en die deure sluit daardie dag om 14:00 vir die kopers. Die Kersmark is ‘n deur-die-jaar-projek. Elke jaar vanaf November plaas lidmate hul name op die diensbeurtlys om te help met toe-sighouding (rondbeweeg, gavryheid te betoon en staanwerk) en pakkies by die kasregisters te pak (sittende werk). Elke dag word 50 manwerk-skofte benodig. Lidmate wat waar moontlik diens-beurte kan neem word gevra om asb. te kom help.
Die lekker is dat ‘n geleentheid vir saamkuier in die feestyd ge-skep word! Gemeentelede en al hul besoekers word uitgenooi om hierdie jaar se Kersinkopies by ons Kersmark te kom doen. Behalwe vir die twee welwillendheidstafels (Herberg-aan-See en Silwerjare), gaan die wins na Gansbaai-gemeente. Laat ons elkeen dan ook voorbidding doen dat hierdie projek tot uit-breiding van God se koninkryk sal wees.