Seestrome 2014 : Ons kyk terug - VG en NG gemeentes werk saam

Seestrome 2014 : Ons kyk terug - VG en NG gemeentes werk saam

NG Kerk Gansbaai

Beginjare:  Mev. J. Barnard het van 1934 tot 1944 onder die bruinmense van Gansbaai sendingwerk gedoen.

In 1946 is ‘n sending-gemeente deur eerwaarde Venter gestig. Alhoewel daar voor 1946, vanaf Napier sendingwerk gedoen is, word 1946 gesien as die jaar wat die Vlam van God in hierdie gemeente aangesteek is . Die eerste kerkie was ‘n opslaantipe. Die behoefte aan ‘n eie kerk was vir baie lidmate ‘n lewensideaal.

Kerk en gemeente: Die hoeksteenlegging van die nuwe sendingkerk (huidige kerk) in Blompark, het op Sondag 13 Mei 1973 met die geskal van ‘n blaasorkes van Elim plaasgevind. Die hoek-steenlegging is deur die 84-jarige Annie Fourie waargeneem. Sy het R12 000 vir die oprigting van die kerk geskenk. Dit was ‘n hartroerende geleentheid waartydens ds. E.C. Nel, sendingleraar, die verrigtinge waargeneem het. Mnre. Bokkie Botes en C.P. Brand het ‘n groot aandeel aan die opbou van die sending-gemeente gehad. Evangelis Jacobus Julies was aangestel en bevestig as die eerste evangelis om die gemeente en die buitewyke te bedien. Na sy afsterwe is ds Dennis Naidoo op 12 November 2006 as leraar bevestig. Hy bedien die gemeente tot in 2009.  Tans bestaan die VG gemeete uit die wyke Gansbaai, Stanford en Pearly Beach. Plaaswyke is ook hierby ingesluit.

Samewerking:  Die NGK en VGK van Gansbaai was van die eerste gemeentes wat positief gereageer het op die onderskeie sinode-besluite i.v.m. vereniging van die familie van NG Kerke. Samesprekings oor moontlike vereniging aan die hand van dié besluite is deur leiers van die twee gemeentes onder leiding van ds. Willie Kotze en wyle evangelis Jacobus Julies gevoer.                        

Aan die begin van 2003 het die gespreksgenote gevoel dat die tyd ryp geword het om ’n Verklaring van Voorneme tot Gemeentevereniging op te stel en aan die kerkrade voorgelê. Die NG en die VG kerkraad het dit in Mei 2003 aanvaar. Elke kerkraad het verteenwoordigers benoem met die opdrag om die proses van eenwording te ontwerp en bestuur en gereeld aan elke kerkraad verslag te doen. Eerstens het beide kerkrade in Maart 2004 op aanbeveling besluit dat die VG gemeente as 7de streek van die NG gemeente verklaar word en in die NG kerkraad verteenwoordig word. Die tweede wat hieruit voortgevloei het, is die  samewerkingsooreenkoms vir eenheids-funksionering van die twee gemeentes wat deur beide kerkrade aanvaar is op 18/2/2007 en by geleentheid van die gesamentlike nagmaaldiens onderteken is.

Gesamentlike eredienste, nagmaalviering, sowel as kanselruiling, samewerking op diensterreine en kerkraadsitting het intussen al ‘n instelling geword.  Die proses gaan steeds voort en die GAKK, (Gesamentlike aksie Kommissie) is voortdurend besig om die situasie te moniteer en aanbevelings aan die kerkrade te maak. Bo alles word geglo dat die Here wat ons eenheid wil, (Joh. 17) dit ook sal bewerkstellig.

Seestrome 2014 : Ons kyk terug - VG en NG gemeentes werk saam

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles