Seestrome 2014

Seestrome 2014

NG Kerk Gansbaai

Redaksioneel

Die samestelling en die uitlê van al die inligting en foto’s vir hierdie feesuitgawe van Seestrome was byna te groot en oorweldigend!

Om die onthou-verhale en artikels van 70 jaar van gemeente-wees in die paar bladsye te kon weergee, was nie maklik nie, want op elke diensterrein is daar soveel wat aangeteken kon word. Net uit gemeentelede 70 jaar en ouer se verhale kan boeke vol geskryf word! Die “goue draad” wat ons in dié uitgawe wil uitlig is:

♦ Die feestema “Christus is vandag, gister en môre dieselfde  - tot in ewigheid” is só waar, want God is in die stories en geskiedenis teenwoordig. 

♦ Hierdie gemeente se lidmate en kerkraad was en is aktiewe medewerkers vir God se koninkryk: Van voorgeslagte wat diep spore getrap het en lidmate en kinders wat tot vandag God loof en aanbid en omgee vir mekaar. 

Nota: Waar inligting dalk foutief deurgegee is of waar u sou voel belangrike inligting is nie hier deurgegee nie . . . vra ons om verskoning, maar sal dit waardeer indien u wel die inligting vir ons skriftelik sal deurgee.   

* Om te onthou . . . Die Afrikaanse liedjie- skrywer en -sanger, Koos du Plessis, dink in Molberg - Herinneringe aan Springs, terug aan sy kinderdae tussen die mynhope van Springs. Die laaste strofes van die lied lui soos volg: Daar was ’n huis met ’n kombuis en greinhouttafel; en ses mense het gedeel in lief en leed. En mettertyd het alles uitgerafel, maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet. Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede, uit die newelige berge van die mol; en droom en bou, al vreet die vrees my vrede, en al is my wêreld halfpad hol. Want die wêreld is maar halfpad hol. En ek onthou.

Om te onthou is sekerlik nie altyd maklik of lekker nie. Veral as die herinneringe gelaai is met hartseer en pyn. Maar dit is tog interessant dat, as mense praat oor die tye wat verby is, daar selde oor die swaarkry gepraat word.

Hierdie Seestrome-uitgawe is vir ons die geleentheid om te onthou en om die goue draad van God se Genade vir hierdie gemeente en Gansbaai se mense te ontdek in  al die verhale, aanhalings en geskiedenis.  In die wêreld van vandag waar ons almal moet droom en bou, waar ons ’n bestaan en ‘n lewe moet uitkap en soek na sin, raak die onthou baie belangrik. Want as daar één ding is wat ons moet onthou, is dit dat God ons nie vergeet nie. Al vergeet ons die leed en die meeste van die liefde wat ons ontvang het, watter groter geskenk is daar in die lewe as om voortdurend te onthou: God dink aan my! Hy onthou my!

*  Seestrome-gemeenteblad word  deur die NG kerkraad van Gansbaai uitgegee. Dit is ons geloofstories en onthou

-stories, ‘n geselsbrief van en oor ons groot familie in Christus. Die Seestrome-diens-groep (redaksie) is vrywillige lidmate wat in samewerking met die leraars die inhoud en die uitleg van Seestrome afhandel, waarna die eksemplare deur Gansbaai Media gedruk word.

* Aan die leraars en almal wat bydraes gemaak het en gehelp het met die samestelling van hierdie uitgawe, baie dankie vir jul bydraes, inisiatiewe en harde werk.

* U kan navrae skriftelik rig aan: Die Redaksie, Seestrome, NG Kerk, Posbus 1, Gansbaai.  Briewe kan gepos of by die kerkkantoor ingehandig word.

* Bronne: Gedenkboek NG Gemeente, Gansbaai, 1944-1994 (Fourie J. en Fourie S.D.). Biografie van Jan Barnard 1884-1971 (deur Barnard, H.D.). Ook uit verskeie Seestrome-uitgawes van die afgelope tien jaar.  -  Redaksie.

Ons bid u ’n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar toe!    -  Redaksie.

Seestrome 2014

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles