Die feesnaweek is hier! Vanoggend het die vrydagmark al "gees gevang" vir die res van die naweek. Heelwat persone het hulle uitgedos in klere van die 70jare. Dit is om aan te sluit by die 70jaar van die kerk.
Vanaand hou ons konsert.
Môre is dit speletjies en n lekker bring en braai.
Sondag is dit die fees erediens in die kerk en 19:00 die jaarlikse Kerssangdiens. Die naweek word afgesluit met n gesellige saamkuier in die saal.
Kom kyk gerus na die foto uitstalling in die saal, van toeka tot nou.
Dankie aan almal wat saamgewerk het om die naweek te verwesenlik?