Die Sabbatsgebod

Die sabbatsgebod is deel van die eerste tafel van God se Wet/ Tien Gebooie (2 tafels). Die eerste tafel waak/ hou wag oor God se mense se verhouding met hulle God;

en die tweede tafel waak oor God se mense verhouding met hulle medemens. Ons verhouding. 

Eerste tafel: gebied eerbied en ontsag vir God;

Tweede tafel gebied: eerbied, respek vir die medemens. 

Skriflesing: Deut. 5 – die eerste tafel PLUS Deut. 6; (Deut. 8) Matt. 4, Matt 12

Teks: “nie die Here jou God vergeet nie …”

gebod oor die Sabbat: die onderhouding van die Sabbat (shabat – “tot rus kom”; “ophou”; “stop”; in OT: saam met woord menuah: “om asem te skep”; “om in te asem” … )

Inleiding: Pinkster vanjaar staan ons stil by die Wet van God; die Tien Gebooie.

Tema vanjaar: “Ek is die Here jou God …”; “…wat jou uit Egipte uit die slawehuis uitgelei het”

Die Wet van God is gegee vir God se mense. Agter die Wet van God lê die verhaal van Moses/ Aaron … en Israel wat slawe in Egipteland was … slawe van die Faroa …: en God wat die “kreune en die sugte” van Israel in Egipte gehoor het …; die roeping van Moses … brandende braambos …; Moses wat die Faroa konfronteer: God sê: Laat my mense gaan …; 10 plae; Exodus: uittog uit Egipte …; in die woestyn: berg Sinai: Moses wat die kliptafels van God ontvang.

Die sabbatsgebod is deel van die eerste tafel van God se Wet/ Tien Gebooie (2 tafels). Die eerste tafel waak/ hou wag oor God se mense se verhouding met hulle God;

en die tweede tafel waak oor God se mense verhouding met hulle medemens. Ons verhouding 

Eerste tafel: gebied eerbied en ontsag vir God;

Tweede tafel gebied: eerbied, respek vir die medemens.

Vier van die tien gebooie is op die eerste tafel: waak/ hou wag …

En die Sabbatsgebod lê daar …

God se mense word gebied om die sabbatdag te heilig …”heilig”: betekenis van eenkant sit; afsonder … een dag uit ‘n sewedagweek: eenkant sit; afsonder …

Ses dae moet jy werk …. Maar: maar die sewende dag … is die sabbat.

Arbeid Adel!

Ja, God se mense moet werk … Die Bybel is duidelik daaroor .

God se mense: uitgeken/ gekenmerk … werk;

Bybel is teen luiheid en teer op ander …

Doen jou werk pligsgetrou … soos vir die Here (selfs vir slawe – Paulus)

Gaan na die mier luiaard ..; wie nie werk nie, kan nie eet nie …

Werk vir brood op jou tafel om jou gesin en familie te voed en klee … brood op jou tafel – ook vir ander wat nie kan werk nie …

Maar: sny na die hart van die gebod: rus …

Grondgedagte: mens leef nie van brood alleen nie!

‘n mens het nie net ‘n liggaam nie … jy het ook ‘n siel!

Om die sabbatdag te “heilig”

die Here het die sabbatdag geseën en dit geheilig. (en heilig het hier die betekenis van “eenkant  sit” ) (af te sonder) . 

Dit sabbatdag was bedoel as ‘n “onthou-dag”: ‘n dag in die week (van sewe dae) – wat eenkant gesit word … en die funksie en die doel daarvan: om ‘n “onthoudag” te wees.

Wat is dit onthou moet word? Dit is God wat onthou moet word.

Lees dit in die OT:  

hierdie gevaar: dat God se mense vir God kan “vergeet”

Dit is in aard van die mens om vir God te vergeet

En “vergeet” het die betekenis van: dat God in my lewe min word, klein is,  

“vergeet”ek skuif vir God weg uit die sentrum van my lewe na die kantlyne van my lewe;

ek gee minder gesag aan God in my lewe;

ek reken minder met God; hou minder rekening met God;  

ek buig minder voor God;

ek het minder oor vir God.

Om vir God te “vergeet” – dat ander dinge God se plek in my lewe inneem;

dat ander dinge vir God in my lewe verplaas; 

dat God al hoe meer skuif  - wegskuif; uitskuif - in die rigting van ‘n nul/ niks in my lewe.

OT: die “godvergeters” –

die goddelose: “wie is God?;

die dwaas: daar is geen God nie.

Die gebod wat wil waak oor ons verhouding  met God …

Hierdie geestelike dissipline wil inbou in ons lewens. Om te sorg ek ‘n “onthoumens” bly; dat God se mense “onthoumense” bly.

Beeld: Stopteken op ons pad … ons word tot stilstand gebring. Ons word gedissiplineer om tot gereeld – een dag ‘n week – tot stilstand te kom.

Om ons gee tyd. Maak tyd. Vir tot stilstand kom. vir onthou om te onthou.  

God my Skepper; God my Verlosser, Bevryder

(as christengelowiges is ons sabbat die opstandingsdag van ons Here Jesus Christus. Die Sondag. Weekliks. Een dag uit die sewe dae. Eenkant gesit. 

En ons onthou …:

Tussen ons wêreld/samelewing en daardie een in die OT van die Bybel … ‘n groot verskil … wêrelde verskil/ anders

Vra: waartoe gebied hierdie gebod ons in ons dag?

Watse rus bedoel en beloof hierdie gebod vir ons?

Waste soort seën kan ons vandag steeds uit die gehoorsaamheid aan hierdie gebod/ die onderhouding van hierdie gebod, verwag?

Christengelowiges is mense wat by Christus leer en deur Christus onderrig word in God se Wet.

DIE ANTWOORD VAN ONS KATEGISMUS.

Hoeveel Sondae het ons nog in lewens oor?

Die betekenis en die waarde van hierdie dag in ons lewens! – die Opstandingsdag van Jesus …!

Die geskenk.