Afskeid - Dr Bobo van Zyl

Afskeid - Dr Bobo van Zyl

NG Kerk Gansbaai

Die gemeente het op Sondag 16 Augustus 2015 afskeid geneem van Dr Bobo van Zyl. Dr Bobo het sy afskeidspreek gelewer en ook vir die laaste keer as leraar van hierdie gemeente die Nagmaal waargeneem.

Sy skriflesing was uit Joh 10:11-16 en 27-30. Teksvers Joh 10:28.

Dr. Bobo van Zyl, sy vrou Mickey en sy drie seuns, Willie, Jaco en Jasper, arriveer op 1 Juliie 1997 in Gansbaai vanaf Upington. Hy is die afgelope 18 jaar deel van ons gemeente as ons herder, (ver)trooster, bedienaar van die Woord in verstaanbare taal en as vriend.

As predikant in verskeie gemeentes het dr. Bobo van Zyl deurentyd in aanraking gebly met die vrese, behoeftes en verwagtings wat kerklidmate op grondvlak vandag in Suid-Afrika koester. Sy verkondiging as leraar en skrywer berus op ‘n rotsvaste veronderstelling: ‘n mens kan niks doen sonder dat God jou dit deur genade gee nie.

Hy het ons as’t ware in God laat inkyk. Hy het ons gehelp om nuwe insig op ons daaglikse lewe te kry en te sien: in Jesus Christus het God Sy hart oopgemaak – vir jou. Daarom kan jou lewe nie meer dieselfde wees nie.

Dr. Bobo arriveer in dieselfde tyd in Gansbaai as die “Groot Trek” na Gansbaai met die invloei van afgetredenes en ander wie hul heil in die omgewing kom soek. Met die toename in lidmaatgetalle word die gemeente gedwing om die bedieningstruktuur in 2003 in heroënskou te neem. In hierdie verband het Dr. Bobo ‘n prominente rol gespeel. Uit die Gemeentevernuwingsprogram word die visie en missie van die gemeente gebore en word die gemeente waarlik ‘n Hawe van God se Genade en funksioneer die gemeente sterker deur lidmate wat betrokke en meelewend is.

Ons sal dr. Bobo onthou vir die rustige kalmte wat hy uitstraaal, die empatie en simpatie waarmee hy mense behandel, die bemoedige woorde wat hy altyd het en bowenal vir sy liefde vir sy Hemelse Vader.

Dr. Bobo, ons dank God vir die jare wat u in die bediening gestaan het, veral die laaste 18jaar saam met ons in Gansbaai. Ons gebed is dat u en u Mickey ‘n geseënde en vrugbare aftrede saam met die kinders, familie en vriende  sal geniet. God seën julle!

Afskeid - Dr Bobo van Zyl

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles