Vriende is gelyk

Vriende is gelyk

NG Kerk Gansbaai

 In die Spanje van die sestiende eeu was daar baie sosiale verdelings en grense. Adelheid en stand was belangrik en die sosiale stratifikasies was streng. Ook was daar ‘n groot groep Jode in Spanje wat deur die hervormings van Koningin Isabella in die vyftiende eeu gedwing was om hulle tot die Christendom te bekeer of die land te verlaat. Die families wat hulle tot die Christelike geloof gedraai het was die Conversos genoem. Ook teen hulle is gediskrimineer deur die Spaanse familie van “rein” Christelike afkoms. In die tyd praat Teresa van Avila, een van die vier vrou doktore van die Rooms Katolieke kerk en self uit ‘n Converso familie baie oor die vriendskap van God. 

God het ons vrylik sy vriende gemaak daarom moet ons in ons gemeenskap almal vriende wees, maak nie saak van jou sosiale agtergrond nie. Ons moet toelaat dat God se vriendskap alle sosiale grense oorbrug. Sy het haar boodskap veral gerig aan die kloosters waarbinne die sosiale strukture net voortgesit is. Vir Teresa was die deelword van ‘n geestelike gemeenskap ‘n keuse vir gelykheid, want die teken van geestelike volwassenheid is dat jy glad nie gepla is met jou reputasie of waardigheid nie.

Vriende is gelyk

Dr.Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles