Kykies in die Koninkryk

Kykies in die Koninkryk

NG Kerk Gansbaai

66 Kykies in die Koninkryk

Die woord “koninkryk” was nog altyd vir my ‘n vae woord. ‘n Woord wat ek sukkel om vas te vang. Die woord word baie in die Nuwe Testament gebruik, maar dit is asof elke skrywer binne sy eie konteks ander assosiasies het met die woord. Miskien is dit een van daardie woorde wat ‘n mosaik van betekenisse het. ‘n Woord wat omring word deur meer as een beeld of beskrywing wat verskillende perspektiewe gee. Ons weet die koninkryk het aangebreek met Jesus se koms op aarde, maar dat ons nou net kykies kry daarvan. Dit is soos ‘n ligte gordyn wat voor ‘n oop venster hang, nou en dan waai die wind hom vinnig op en dan sien jy vinnig die wêreld daarbuite. Op momente waar daar liefde, deernis en goedheid is, word die koninkryk die alternatief sigbaar. Miskien is ons as kerk se taak om aan die wêreld meer sulke kykies te gee van wat die realiteit rerig is. Want soos die wêreld buite die venster is die koninkryk hier, ons kyk dit net soms mis. Die koninkryk en heerskappy van God het tog aangebreek toe Jesus tussen ons kom woon het.

Kykies in die Koninkryk

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles