Weggeskuif
Daar is so baie nood. Op verskillende maniere word ons daaraan blootgestel. Ver nood en naby nood. Soms is dit beklemmend en maak bloot die wete van nood ons lam en sonder energie. In ons geloofstaal is dit maklik om nood teenoor God te plaas. God is oorsaak of apatiese toeskouer. Baie gelowiges deur die eeue het egter ontdek, juis in hulle eie nood, dat God te vinde is waar ander en hulleself ly. Bonhoeffe skryf uit die gevangenis in Duitsland: “God allows himself to be edged out of the world and on to the cross. God is weak and powerless in the world and that is exactly the way, the only way in which he can be with us and help us”.
Dit is die ervaring van miljoene gemarginaliseerdes op ons aarde: “to be edged out”, uitgeskuif, weggegooi, buite sig geplaas. God sien juis die wat ons miskyk en Hy leer ons raaksien. Sien is miskien nie help nie, maar is beter as wegkyk.