Verhale rondom die aanloop tot die Reformasie
Sommige van ons het nog op skool die verhaal geleer van Martin Luther en die Reformasie. Luther wat in 1517, volgens oorlewering, sy 95 stellings vasgespyker het teen die kerkdeur van Wittenberg en so die Reformasie ingelei het. Die geskiedenis is egter altyd meer kompleks as die hoofmomente, net soos ons elkeen se lewens meer kompleks is as die hoofgebeure. Die Reformasie was die kulminasie van dekades se ongelukkigheid met die korruptheid van die Rooms Katolieke Kerk van die dag. Dit is natuurlik altyd goed om te onthou dat die Rooms Katolieke Kerk van die 15de en 16de eeu nie stereotiperend moet gesien word van die Rooms Katolieke kerk deur die eeue nie. Alle geloofsinstellings vergeet soms hoekom hulle werklik op aarde is.
Reeds vanaf die tiende eeu het daar veral kloosterordes onstaan om die wereldsheid van die Institusionele kerk teen te werk. In die dertiende eeu het twee bedelordes onstaan, naamlik die Fransiskane en Dominikane wat nie eiendom besit het nie. Ook stemme teen die luukse van die pousdom van die dag. Die kerkhistorikus Justo Gonzales praat van die “sorry state of the church” van die veertiende en vyftiende eeu.
Een van die voordenkers van die Reformasie was John Wycliffe. Hy het geglo dit is nie net die “lewe” van die kerk wat moet verander nie, maar ook die leerstellinge. Wycliffe wat by Oxford studeer het en in 1371 vir die kroon begin werk het, het geglo alle heerskappy kom van God af en die tipe heerskappy word vir ons gewys in Christus wat nie gekom het om gedien te word nie, maar te dien. Enige heerskappy wat ten doel het om die heerser te verryk en nie die onderdane ten goede is nie, is wederegtelik. Vanuit daardie hoek het hy dan ook die kerk gekritiseer. Vir hom was die ware kerk, die onsigbare kerk, die wat bestem is vir verlossing. Hierdie ware kerk het die Skrif ontvang en daarom moet hulle dit kan ontvang. In die tyd was dit verbied vir enigiemand behalwe die priesters om Bybels te besit. Sy volgelinge het na sy dood die Bybel dan ook in Engels vertaal.
Baie het Wycliffe as ‘n ketter beskou, maar sy akademiese prestige het veroorsaak dat hy toegelaat was om aan te hou skryf. Na sy dood was hy in kerkgrond begrawe, maar die Konsilie van Konstans het later sy werk veroordeel en is sy liggaam weer opgegrawe, verbrand en in die rivier gegooi. Sy volgelinge het sy oortuiging verder uitgeleef: Die Bybel hoort by die mense.
Bron: J. Gonzales, The Story of Christianity
Verhale tot die aanloop van die Reformasie
20 July 2016Share This Post
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
December's SteriThon was a winner!!
We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.
11 Days to Christmas: Conference Call
Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person.
10 Days to Christmas: Learn to Breathe
Most of our problems stem from reactive behaviour
13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up
Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.
12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration
Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.
Youth Athletics Training at Gansbaai Primary
Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.









