Verhale tot die aanloop van die Reformasie

Verhale tot die aanloop van die Reformasie

NG Kerk Gansbaai

Verhale rondom die aanloop tot die Reformasie

Sommige van ons het nog op skool die verhaal geleer van Martin Luther en die Reformasie. Luther wat in 1517, volgens oorlewering, sy 95 stellings vasgespyker het teen die kerkdeur van Wittenberg en so die Reformasie ingelei het. Die geskiedenis is egter altyd meer kompleks as die hoofmomente, net soos ons elkeen se lewens meer kompleks is as die hoofgebeure. Die Reformasie was die kulminasie van dekades se ongelukkigheid met die korruptheid van die Rooms Katolieke Kerk van die dag. Dit is natuurlik altyd goed om te onthou dat die Rooms Katolieke Kerk van die 15de en 16de eeu nie stereotiperend moet gesien word van die Rooms Katolieke kerk deur die eeue nie. Alle geloofsinstellings vergeet soms hoekom hulle werklik op aarde is.

Reeds vanaf die tiende eeu het daar veral kloosterordes onstaan om die wereldsheid van die Institusionele kerk teen te werk. In die dertiende eeu het twee bedelordes onstaan, naamlik die Fransiskane en Dominikane wat nie eiendom besit het nie. Ook stemme teen die luukse van die pousdom van die dag. Die kerkhistorikus Justo Gonzales praat van die “sorry state of the church” van die veertiende en vyftiende eeu.

Een van die voordenkers van die Reformasie was John Wycliffe.  Hy het geglo dit is nie net die “lewe” van die kerk wat moet verander nie, maar ook die leerstellinge. Wycliffe wat by Oxford studeer het en in 1371 vir die kroon begin werk het, het geglo alle heerskappy kom van God af en die tipe heerskappy word vir ons gewys in Christus wat nie gekom het om gedien te word nie, maar te dien. Enige heerskappy wat ten doel het om die heerser te verryk en nie die onderdane ten goede is nie, is wederegtelik. Vanuit daardie hoek het hy dan ook die kerk gekritiseer. Vir hom was die ware kerk, die onsigbare kerk, die wat bestem is vir verlossing. Hierdie ware kerk het die Skrif ontvang en daarom moet hulle dit kan ontvang. In die tyd was dit verbied vir enigiemand behalwe die priesters om Bybels te besit. Sy volgelinge het na sy dood die Bybel dan ook in Engels vertaal. 

Baie het Wycliffe as ‘n ketter beskou, maar sy akademiese prestige het veroorsaak dat hy toegelaat was om aan te hou skryf. Na sy dood was hy in kerkgrond begrawe, maar die Konsilie van Konstans het later sy werk veroordeel en is sy liggaam weer opgegrawe, verbrand en in die rivier gegooi. Sy volgelinge het sy oortuiging verder uitgeleef: Die Bybel hoort by die mense.

Bron: J. Gonzales, The Story of Christianity

Verhale tot die aanloop van die Reformasie

Dr. Liesel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

When Another Relationship Comes to an End

When Another Relationship Comes to an End

There comes a point after another relationship ends when the silence becomes almost unbearable.

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Your pets are part of the family, and their health and happiness are important. At The Pet Grocer Gansbaai...

The Pet Grocer
Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026.

Gansbaai Golf Club
Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

We decided to take a short walk in the fynbos so that all the teams of Grootbos Foundation could hang out together in the fynbos.

Grootbos Foundation
Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Join us this Saturday for a vibrant community market filled with local flavour, delicious food, and live entertainment!

Quality Pork Rashers

Quality Pork Rashers

Take your breakfast, braai or sandwich to the next level!

Prime Cuts Meat
See All Articles