Bediening Sending: Makhathini-vlakte, KwaZulu Natal

Bediening Sending: Makhathini-vlakte, KwaZulu Natal

NG Kerk Gansbaai

Die twee predikante wat die 23 wyke op die Makhathini-vlakte bedien, is ds Louwrens van der Westhuizen en sy eggenote, Jeanne, saam met ds Baba Kunene, ‘n boorling van die streek. Hulle regterhand is die evangelis, Bongenkosi (Bongi) Mthembu en dié se eggenote, Lindiwe wat hom ondersteun. Vir jare het Bongi dienste onder ‘n “Boomkerk” gehou en ook gemeentes met ‘n fiets besoek en selfs oor die grens na Mosambiek gery om daar te gaan bedien.

Ondersteuning aan die mense op die Makhathini-vlakte in KwaZulu-Natal (Ou Noord-Zoeloeland) was sekerlik dié plek waar die Uitreikspan die meeste opofferinge deurgemaak het - met vrouens wat net soos die mans gewerk het!

Met ‘n afstand van sowat ±2,100km vanaf Gansbaai is vele besoeke sedert 1990, bykans 30 jaar gelede, deur Johan en Elcine Hulme met verskillende spanne daar gebring.

Die kerke wat die Uitreikspanne oor jare heen volledig gebou het, staan al op 8, met vele wat gerestoureer is en andere wat herstelwerk aan gedoen is.

Armoede op die Makhathini-vlakte is onbeskryflik en die mense leef in uiters primitiewe omstandighede. Mans is afwesig om elders geld te gaan verdien en die vrouens en kinders is op hulle eie aangewese.

Deurgaans het daar soveel dankbaarheid vir die bou en herstel van kerke geheers, dat vrouens en kinders ingespring het om die Uitreikspanne te help.

As verdere bewys dat die mense nie net agteroor sit en wag vir hulp nie, het Bongi en ‘n span van sy gemeentelede self ingespring en een van die kerke, 7m by 10m, eiehandig en volgens spesifikasies gebou.

Nog ‘n evangelis, wyle Joseph Gumede (Oorlede: 6 Julie 2017), verdien vermelding vir die enorme rol wat hy gespeel het, ondanks die feit dat hy sedert sy baba-jare blind was.

Bongi en Lindiwe het reeds meer as een keer, op uitnodiging van die Uitreikspan, in Gansbaai kom kuier en tydens een van hulle besoeke het Louwrens en Jeanne, asook die blinde Joseph Gumede saamgekom. Laasgenoemde, wat nog nooit ‘n dolos gesien het nie, het dit bevoel en dit as ‘n “Isibubulungu” (Zoeloe-woord) beskryf: “Daar is geen begin nie en daar is geen einde nie”.

Lindiwe bedryf ‘n suksesvolle creché op eie inisiatief in KwaNdaba met sowat 79 kleuters,  en is tans besig met verdere studies om haarself te kwalifiseer. Die Vrouediens het haar geldelik ondersteun. Lindiwe het nou geregistreer vir ‘n diploma-kursus in Kleuteronderrig. Die klasgelde beloop R9 200.00. Een naweek per maand moet sy na Richardsbaai reis om klasse by te woon, met die reiskoste wat R600.00 per geleentheid beloop.

Voel u dalk geroepe om Lindiwe finansieel te ondersteun? Bediening Sending nooi almal wat geroepe voel uit om op een of ander wyse betrokke te raak. Johan Hulme kan by 028 388 0814 of 082 881 1347 gekontak word.

Bediening Sending: Makhathini-vlakte, KwaZulu Natal

Bediening Sending

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles