Seemeeu 2/2018: Deel van 'n nuwe familie

Seemeeu 2/2018: Deel van 'n nuwe familie

NG Kerk Gansbaai

Deel  van ‘n nuwe familie

Iets wat die kerk nie genoeg na kan strewe nie, is om die eenheid  tussen  gelowiges te te bevorder. Eerstens binne die gemeente, maar ook oor kerkgrense heen. Dit is wesenlik vir ons getuienis as kerk van die Here. Daar so baie om daaroor te sê; dit sal net te veel spasie in beslag neem. Daarom net die volgende: Iets wat ons daarmee kan help, is die besef in die eerste plek dat die geloof in Christus ons deel maak van ‘n nuwe familie. As ‘n mens Matteus 12:46-50 goed lees, sien ons dat geloof in Christus ‘n nuwe familieband tot stand bring. En hierdie band  moet ons besef, bind en sny dieper as selfs ons bloedbande.

Om Jesus na te volg is ‘n lewensomwente-lende saak met gevolge wat ons nie moet onderskat. Matteus 12 is duidelik daaroor dat ons band met Christus alle ander verbande in ons lewe relativeer en heeltemal sekondêr stel. Die rede daarvoor is omdat die band tussen gelowiges ontspring uit die wedergeboorte, nie die natuurlike geboorte nie. Die apostel Petrus skryf, wanneer  hy gelowig-es aanmoedig, om mekaar lief te hê, die volgende in 1 Petrus 1:22: Julle is immers weergebore, nie uit verganglike saad nie, maar uit onverganglike saad. In hierdie verband is die eenheid tussen gelowiges dan ook ‘n te-ken van die groot wedergeboorte, in ander woorde die ewige lewe. In die tweede plek moet ons ook besef dat hierdie familie van gelowiges deur God gekies word, nie deur ons nie. As Jesus aan die kruis na Maria draai en vir hulle sê: Daar is u seun en daar is jou moeder, hoor ons dat Hy die Een is wat in hierdie nuwe familie die bande be-paal, nie ons nie. Die keuse oor wie hierdie familie is en wie nie, is nie ons s’n nie, maar Syne. Daar is die spreekwoord wat sê dat ‘n mens jou vriende kan kies, maar nie jou familie nie. As dit waar is van gewone familie, dan nog baie meer van die kerkfamilie. Omdat die Here die kies wie saam met ons aan die kerk behoort, moet ons diegene aanvaar en liefhê. Juis omdat die Here dit so beskik het. Laat ons bid dat  die Here ons  sal help  om soos die Bybel leer die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, te handhaaf. Mag ons gedurig daarna strewe om die eenheid te bevorder binne die gemeente en ook oor kerkgrense heen. Laat ons begin  deur  aan die kerk te dink  as ‘n nuwe familie van mense  wat saam aan die Here behoort.

Seemeeu 2/2018: Deel van 'n nuwe familie

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

When Another Relationship Comes to an End

When Another Relationship Comes to an End

There comes a point after another relationship ends when the silence becomes almost unbearable.

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Your pets are part of the family, and their health and happiness are important. At The Pet Grocer Gansbaai...

The Pet Grocer
Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026.

Gansbaai Golf Club
Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

We decided to take a short walk in the fynbos so that all the teams of Grootbos Foundation could hang out together in the fynbos.

Grootbos Foundation
Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Join us this Saturday for a vibrant community market filled with local flavour, delicious food, and live entertainment!

Quality Pork Rashers

Quality Pork Rashers

Take your breakfast, braai or sandwich to the next level!

Prime Cuts Meat
See All Articles