Seemeeu 2/2018: Wat ek beleef in die die gebedsruimte van die kerk.

Seemeeu 2/2018: Wat ek beleef in die die gebedsruimte van die kerk.

NG Kerk Gansbaai

Gesamentlike gebed het vir my groot waarde.

In hierdie stilword in die teenwoordigheid van die Here, saam met medebidders ervaar ek dit as ‘n kosbare geleentheid vir elkeen van ons om op ‘n ander manier, nader aan ons Hemelse Vader te kom met dit wat vir ons swaar op die hart lê. Ons lees immers in Sy Woord; waar twee of meer in My Naam vergader, daar is Ek. Asook; die gebed van gelowiges het groot krag. In Sy Woord openbaar God Sy wil vir ons, en deur saam te bid ver-klaar ons Sy wil in en oor situasies. Ek ervaar ons vertrou meer op Sy Woord vir antwoorde en om nie ons vertroue op mense te plaas. Hier hoor ons ook wat ons an-ders moet doen buite in die gemeenskap. Met ver-troue kom daar meer vrymoe-digheid en ‘n groter toegeneentheid ook tot me-kaar. Gebed het groot krag en soos gebede be-antwoord word ervaar ons blydskap, groter geloof en versekering van Sy liefde en wil vir ons lewens as bidders. Om te bid is ‘n genade gawe wat ontwikkel moet word, nagestreef moet word en gekoester moet word, daarom is die dissipline van gereelde bymekaar kom in gebed van groot waarde. Daar is ook ‘n besonderse belewenis dat ons gelei word deur die Heilige Gees vir dit waarvoor ons in die besonder moet bid, en ander kere weer is die sake van belang wat op ons gebedslys is. Om so met God in gesprek te gaan in hierdie saam wees met mede bidders is ‘n wonderlike belewenis! Aanbidding, stilwees, praat en bid is wat ek hier in die saamwees met ander geniet en dankbaar voor is. - Riana

Seemeeu 2/2018: Wat ek beleef in die die gebedsruimte van die kerk.

Riana

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles