Seemeeu 2/2018: Kunsuitstalling 2018 

Seemeeu 2/2018: Kunsuitstalling 2018 

NG Kerk Gansbaai

Kunsuitstalling 2018 

Dr Lisel Joubert het verlede jaar met die briljante idee gekom dat al die kunssinnige mense moet deelneem aan 'n Paasuitstalling. Elkeen het sy eie siening en so word almal se insig verruim. Daar is geen beperkings van onderwerp of medium gestel nie en geen keuring vind plaas nie. Verlede jaar het dr Lisel self 'n ikoon bygedra. Vanjaar was daar weereens ‘n ryke oes van kuns-werke. Dries van Heerden, wat ons kerklied geskryf het, het 'n gedig geskryf oor die oor-gelewerde uitbeelding van die Passieblom, Gerda het 'n fynbosrangskikking gemaak. Palma het weer die rooi van Jesus se verlossende bloed deur haar borduurwerk laat praat. Coenie en Christa het papiervouwerk ingespan. 'n Geliefde onderwerp is die gra-naat met sy rooi pitjies wat Susan en Michelle gekies het, terwyl Deon die As-lelie wat so opstaan ná 'n brand die lyding en op-standing van Jesus met ons eie plantegroei verbind. Lynn se kunsgroep het besluit om 'n triptiek van kerkvensters te skilder.

Migiel het die haan wat gekraai het toe Petrus vir Jesus verloën het met waterverf geskilder. Een persoon is só aangegryp deur Nettie se doopwater van Christus dat die kunstenares haar daarmee geseën het. Die professionele kunstenaar, André, het Montagu vir Gansbaai verruil, tot ons voordeel. Hierdie jaar het ons twee praatjies gehad. Prof. Daniël Louw het oor ikone gepraat en dit is voorafgegaan deur clarinet-spel en blokfluitspel. Hy het 'n woedende Christus uitgebeeld: My God, my God, waarom het  U my verlaat? Trienke het geskok deur die swanger Maria uit te beeld. Hier moet besef word dat dr. Lisel met haar boek Mosaïek van Maria ons oë vir die liggaamlikheid van Maria geopen het. Die tweede aand het ds. Franceska van Aghullas-gemeente haar eie geloofsreis met 'n skildery uitgebeeld en van haar verwarring met die gehoor gedeel; as-ook die heling wat sy ondervind het. Met passie is daar deur elkeen geskep.

Dink sommer nou al wat jy volgende jaar gaan bydra met jou talent. - Anoniem

Seemeeu 2/2018: Kunsuitstalling 2018 

Redaksie Seemeeu

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles