Bly Gereed

Bly Gereed

Gansbaai Courant

Wat kan die gemiddelde boothengelaar ver-wag om te vang sou hy see toe gaan wanneer die weer dit toelaat? Ek  het Vrydag die “crew” oorreed om te gaan kyk wat op die see aangaan en dis wat ons gevang het: twee baie gangbare kabeljoutjies, so ‘n paar snoekies wat gemaklik oor “size” was, ‘n roman of wat en heelpaar hotties.   Ek sou reken onder omstandighede en die weer in gedagte, dat dit heel aanvaarbaar is. (Die kabeljoutjies was ietsie van ‘n bonus) En ek herhaal, dis wat ek dink die gewone, normale boothengelaar behoort te vang.
Bygesê darem, indien hy so ‘n idée het waar om te probeer!
Indien ons weer eens ingestel is op hoe die wind waai, hoe die see lyk en of die toestande gunstig is vir hengel gaan ons koppe, soos gewoonlik, uithaak. Dit gebeur so gereeld in die laaste tyd dat jy teleurgestel word met resultate dat vertroue in jou oordeel oor bogenoemde faktore maar baie laag is. Is dit nie ‘n aanvaarbare aanname dat die heersende weersomstandighede geelbek moet aanbring nie?

So voorspel omtrent almal wat “ken van”, maar wanneer laas het dit gematerialiseer? Dit is wel so dat geelbek nou en dan opduik maar in alle eerlikheid, wanneer laas het hulle gelóóp? Onthou dat hierdie rubriek vroeg in die week geskryf word en die moontlikheid is altyd daar met die verskyning van die Courant, onder die vis baljaar kan word.  Ek gee glad nie om indien my voorspelling krom bewys word nie, die vis moet net gesig wys!!
Al wat met sekerheid gesê kan word, en dit gaan nie nuus wees vir die gereelde hengelaar nie, is die feit dat dit nou kabeljoutyd is, en is hulle nie vandag daar nie, probeer weer more, oormôre.
Ek hoop rerig dat ek met die volgende rubriek meer positief sal kan wees. Soos hierbo gemeld is dit darem ook nie heeltemal so sleg nie en daar ís darem iets vir die pan te kry. Die kommersiële manne sukkel maar.  
Groete, Seemeeu
 

Bly Gereed

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles