Bly Gereed

Bly Gereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat kan die gemiddelde boothengelaar ver-wag om te vang sou hy see toe gaan wanneer die weer dit toelaat? Ek  het Vrydag die “crew” oorreed om te gaan kyk wat op die see aangaan en dis wat ons gevang het: twee baie gangbare kabeljoutjies, so ‘n paar snoekies wat gemaklik oor “size” was, ‘n roman of wat en heelpaar hotties.   Ek sou reken onder omstandighede en die weer in gedagte, dat dit heel aanvaarbaar is. (Die kabeljoutjies was ietsie van ‘n bonus) En ek herhaal, dis wat ek dink die gewone, normale boothengelaar behoort te vang.
Bygesê darem, indien hy so ‘n idée het waar om te probeer!
Indien ons weer eens ingestel is op hoe die wind waai, hoe die see lyk en of die toestande gunstig is vir hengel gaan ons koppe, soos gewoonlik, uithaak. Dit gebeur so gereeld in die laaste tyd dat jy teleurgestel word met resultate dat vertroue in jou oordeel oor bogenoemde faktore maar baie laag is. Is dit nie ‘n aanvaarbare aanname dat die heersende weersomstandighede geelbek moet aanbring nie?

So voorspel omtrent almal wat “ken van”, maar wanneer laas het dit gematerialiseer? Dit is wel so dat geelbek nou en dan opduik maar in alle eerlikheid, wanneer laas het hulle gelóóp? Onthou dat hierdie rubriek vroeg in die week geskryf word en die moontlikheid is altyd daar met die verskyning van die Courant, onder die vis baljaar kan word.  Ek gee glad nie om indien my voorspelling krom bewys word nie, die vis moet net gesig wys!!
Al wat met sekerheid gesê kan word, en dit gaan nie nuus wees vir die gereelde hengelaar nie, is die feit dat dit nou kabeljoutyd is, en is hulle nie vandag daar nie, probeer weer more, oormôre.
Ek hoop rerig dat ek met die volgende rubriek meer positief sal kan wees. Soos hierbo gemeld is dit darem ook nie heeltemal so sleg nie en daar ís darem iets vir die pan te kry. Die kommersiële manne sukkel maar.  
Groete, Seemeeu
 

Bly Gereed

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles