Geure van 'n Somerlyf

Geure van 'n Somerlyf

Gansbaai Courant

Gimme a head with hair, long, beautiful hair. 1969. Gesing deur ‘n redelik onbekende groep, die Cowsills. Dit was die tyd van die hippies en hare was hulle unisex handelsmerk. Dit moes lank wees. Blinkglad-lank of bossie-gekoek-lank, solank as wat dit onder die bladbene gehang het, was dit reg. En dit moes met ‘n middelpaadjie gedra word, geen ander manier nie.  As kleindorpse dogter is ons deeglik gewaarsku teen hierdie nuwe kultus en alles  wat hulle doen en wat hulle predik. En eie aan daardie tyd, het daar      verduideliking met ‘n opdrag saamgegaan nie. As jou ouers gesê het jy doen nie ‘n ding nie, dan doen jy hom eenvoudig net nie. Gevolglik mag ek nie eens ‘n middelpaadjie gedra het in my matriekjaar nie. Maar toe ek die volgende jaar in die malinge van die stad en tussen sy verskeidenheid wegraak, kón ek mos maar. Die eerste Saterdag toe ek heeldag op die pawiljoen in die Malmesbury-draai van Killarney sit, brand die son daardie middelpaadjie in een lang, vogtappende  blaas. Terwyl ek die volgende twee dae halfdood met sonsteek in die bed lê, sê my gewetenstemmetjie: sien jy,sien jy, dis hoekom jou ma gesê het die hippies is van die bose.
Laat ons dit maar aan mekaar erken: hare IS belangrik. Vir vroue sowel as vir mans. Ons almal wil graag ‘n head of hair hê, verkieslik glansend gesond. Daar is ‘n paar onbenullige produkte in die koskas wat hierdie versugting kan bevredig.
Eiergeel, gelaai met proteïene en olie, goed in ‘n klam kopvel en hare in masseer voor sjampoe, gee lewe aan droë hare.
Eierwit, daarteenoor, besit ensieme wat bakterieë afbreek en is goed vir olierige hare. Jou die masker vir twintig minute aan en spoel af met koel water sodat die span nie aan die kook gaan op jou kop nie.  Herhaal elke twee weke.
Ongegeurde joghurt op dieselfde manier aangewend, maar eers met warm en dan koue water uitgespoel, gee onmiddellike glans aan dowwe hare.
Vir jeukende kopvel en skilfers, meng twee eetlepels vars uitgedrukte suurlemoensap, met dieselfde hoeveelheid olyfolie en water, klits tot goed gemeng en wend aan soos die vorige behandelings.
Uit die badkamerkassie kom nog ‘n goeie raad teen skilfers, jeukende kopvel en olierige hare.  Listerine ! is in 1879 ontwikkel as ‘n sjirurgiese antiseptiese middel en is in die Eerste Wêreldoorlog  deur medici as algemene ont-smettingsmiddel gebruik. Werk twee proppies vol vir twee minute deur die hare na sjampoe en spoel af.  Blykbaar is dit die vinnigste, mees doeltreffende behandeling teen kopluise. Deurweek die hare met Listerine – die amberkleurige een – maak vir dertig minute toe onder ‘n stortkappie en hou daarna begrafnis.
Ons fel sonstrale hier by die see gee enige haardos ‘n knou, veral wanneer daar geswem en in die son gelê word.  ‘n Halwe koppie heuning gemeng met een of twee eetlepels olyfolie en ‘n eiergeel of halwe avokado herstel sulke lewensmoeë hare. Masseer in ‘n klam kopvel en hare, laat bly aan vir 20 minute en spoel af voor sjampoe. Gebruik die masker maandeliks. Hare met ‘n natuurlike krul is geneig om kroeserig te raak by die see. Meng hiervoor ‘n halwe avokado met een tot twee eetlepels suurroom, mayonnaise of eiergeel om die hare te herstel.
Waarom al hierdie moeite wanneer daar ‘n behandeling vir elke probleem op die supermark se rakke is?  Eerstens, omdat dit goedkoper is en tweedens omdat die rakprodukte vol allerlei chemiese bestanddele is wat in die haarskag opbou en deur die kopvel opgeneem word. Lees gerus die etikette deeglik. Om van hierdie neerslae ontslae te raak, meng ‘n opgehoopte eetlepel koeksoda met water om ‘n pasta te maak en werk dit deur die hare vir ongeveer twee minute. Spoel dadelik af en sjampoe met ‘n neutrale sjampoe. ‘n Dermatoloog het eens gesê die beste sjampoe sedert sjampoe bly steeds die plastiekbottel Colgate.
Mans en vroue vind daardie  onooglike brak kolle wat met ouderdom teen die haarlyn of agterkop ontstaan ontstellend. Masseer elke aand met kasterolie en laat dit deur die nag aanbly. Kort voor lank sal jou kop ‘n nuwe doskol hê.
Iets heel anders: Style Network sê verbruiningsproei is die in-ding. As jy bang is dit laat jou halfpad deur ‘n mooilyksessie in die steek, spuit haarlak bo-oor. Rou eier, mayonnaise, suurroom, kasterolie, Listerine en ‘n lyf vol haarlak?
Met al daardie reuke aan jou somerlyf, moet jy maar liefs by die huis bly!

Geure van 'n Somerlyf

Carien Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles