Betowerende Kerssangdiens

Betowerende Kerssangdiens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos elke jaar die geval is, was vanjaar se aanbieding van die NGK se Kerssangdiens op 25 November weer eens 'n gewyde "treffer" in 'n volgepakte kerkgebou.

Aletta Lochner, koorleidster/-dirigent en haar Koorkomitee se reëlings was puik en die verrigtinge het uitstekend verloop. Die Kerssangdiens het uit hartlike samesang, asook optredes deur 4 kore plaasgevind.

Die gewilde NG-Kerkkoor, asook die NG-Mannekoor het onder begeleiding van Annelene Reinke agter die klavier en met Aletta as dirigent gesing. Daarby ingesluit was Jack White met sy immergewilde trompet. Die skoolkoor van Laerskool Gansbaai is ook deur Aletta gedirigeer, met Heidi Chiville (klavier) en Hans Crouse (kitaar) as begeleiers. Dan was daar die VGK-koor onder leiding van Norman Sauls wat hulle bydraes sonder enige begeleiding gelewer het. Pikkie Louw, die gemeente se orrelis, het die begeleiding van die gesamentlike sang waargeneem. Dr Bobo van Zyl, self ook 'n lid van die Mannekoor, het die Bybelvoorlesings vanuit die Johannes Evangelie waargeneem. Die Mannekoor het die gewyde aand met die sing van die Aandgesang en 'n Gebed begin. Daarna het koor- en gemeentesang om die beurt gevolg. Liedere soos die Kersfees Rondo, Dona Nobis (Gee ons vrede), Die Christuskind, Die Heiland is gebore en vele ander bekende Kersliedere is gesing. Nader aan die einde is alle koorlede van kerse in houers voorsien, wat gesorg het vir 'n "hoedervleis"-fase van die Kerssangdiens, veral tydens die instap van die kinders met die kerse in hul hande. Die puik data-projektorwerk is deur Maureen Voigt behartig, wat tans aansterk ná 'n ernstige motorongeluk. Die pragtige versierings in die kerkgebou, asook die kershouers, is deur Anita Botha gedoen, met Mariaan van Rhyn wat vir die blommerangskikkings en verdere versierings verantwoordelik was. Soos gebruiklik is daar met Stille Nag, Heilige Nag afgesluit, met die Kerk se ligte wat verflou is en alle koorlede wat kerse vasgehou het. Die gewyde atmosfeer, die versierings, die kerse en die pragtige koor- en samesang het weer eens gesorg vir 'n gewyde Kerssangdiens in die NG-gemeente se kerkgebou.                 

Hardus Botha

Betowerende Kerssangdiens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles