Tewaterlating van Samurai

Tewaterlating van Samurai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Ek het twee groot drome vir myself gekoester. Die een was om 'n vlieglisensie te bekom en die tweede was om my eie groot boot te besit," vertel Louw Hugo, eienaar van Hugo Offshore Kelp Harvesting. "Met die tewaterlating van my eie boot, Samurai, is my tweede droom nou ook verwesentlik." Louw se spogboot, Samurai, is op Sondag, 9 Desember in Gansbaai hawe te water gelaat en sodoende is sy tweede groot droom binne die bestek van een jaar verwesentlik.

Skipper en eienaar Louw Hugo staan trots agter die stuur van sy boot, Samurai, nadat te water gelaat is

Samurai is 'n 12.5 meter volledig toegeruste T-Craft dubbelromp boot. Louw vertel dat slegs 'n kaal romp aanvanklik aangekoop is. Daarna het die beplanning en bou van die boot begin, wat binne die relatiewe kort bestek van een jaar afgehandel is. "Saam met my vriende en helpers was dit harde werk met vele sweet en duisende rande se kostes," vertel 'n trotse en dankbare Louw.

Louw Hugo saam met sy eggenote, Noelene en hulle 8-jarige dogtertjie, Monique voor Louw se boot, Samurai

Hy is met Noelene getroud en die egpaar het 'n 8-jarige dogterjie, Monique, wat altwee byna meer opgewonde as Louw is. Die sierraad van 'n boot is onder andere met 'n kombuis en toilet toegerus, asook slaapplek vir 6 mense, wat 'n dubbelbed insluit. Die kaste vertoon uiters netjies en die binnekante daarvan, asook die laaie, is netjies met 'n helderblou vilt, soos die blad van 'n snoekertafel, uitgeplak. Met verwysing na Louw se eerste droom, was die verwesentliking daarvan in 2008 met die verkryging van sy vlieglisensie om 'n RAF 2000 Gyrohelikopter te kan vlieg. Voorwaar twee groot drome wat verwesentlik is. Waar 'n wil is, is 'n weg!

Louw se nuwe maatskappy, Samurai Fishing Charters, maak onder andere vir die volgende met Samurai voorsiening: Tuna- en marlynhengel, kreeftrek, boothengel vir hengelaars, families en gesinne, sosiale seevaarte vir ontspanning en/of spesiale geleenthede soos byvoorbeeld verlowings, asook skemerkelk-, romantiese sonsondergang- en ander sosiale seevaarte. "Wat uniek gaan wees, is dat gesinne of belangstellendes net sal kan opklim en alle benodigdhede en toerusting sal verskaf word, wat by die prys ingesluit sal wees," vertel Louw.

Hy hou graag die volgende bedankings voor: Frank Rutzen vir die netjiese veselwerk, Jannie van CNC Sweis en Staal vir die netjiese vlekvrye staalwerk, Jacques Potgieter vir sy netjiese spreiwerk, Marius Schoeman vir al sy hulp en 'n baie goeie vriend van hom wat vir die netjiese kaste verantwoordelik was. "Dan ook baie dankie aan my vrou, Noelene vir al haar geduld en senuwees wat getap is!"

Vir enige navrae rakende toekomstige besprekings van Samurai-seevaarte of -hengelvaarte kan Louw Hugo by 082-698-2917 geskakel word, of stuur 'n epos aan hom by louw_hugo@yahoo.com.

Hardus Botha

Tewaterlating van Samurai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles