R100 per afvalblikkie

R100 per afvalblikkie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Collect-a-Can se inligtingsessie is deur Gansbaai Marine gereël, met voor vlnr Cecilia Laker-Louw, Andrè de Jager en Michael Baretta (stapper). Agter vlnr is Andrè Coetzee, Eben van der Merwe, Tommy Wilson, Mirriam Cekiso, Camilla Ho-ward (stapper) en Tommy Volkwyn.  (Foto: Heath Copland) 

Die omgewing se skole is vanjaar met "die blik op die skoot" gevang. Gansbaai Marine het weer hul jaarlikse donasies oorhandig. Silwerjare Dienssentrum, Gansbaai Nasorg-sentrum, De Kleine Gansies Kleuterskool en Laerskool De Bron het onlangs gesamentlik R23,000 ontvang.

"Gansbaai se skole, wat gewoonlik hierby ingesluit is, is vanjaar ietwat anders hanteer," vertel Andrè Coetzee, Besturende Direkteur: Gansbaai Marine. "Twee stappers is besig met 'n bewus-makingsprojek en stap vanaf Alexanderbaai tot by Kosibaai in KwaZulu-Natal. Soos die twee stappers, Michael Baretta en Camilla Howard, vorder, doen hulle by dorpe langs die kuslyn aan en spreek mense en kinders toe om hulle van die gevolge van rommelstrooi bewus te maak." Divfood is 'n deel van die Nampak Groep wat ook 'n verskaffer van blikke aan Gansbaai Marine is, asook een van die grootste borge van die bewusmakingsveltog.

"Ons is versoek om 'n toeligtingsgeleentheid vir hulle te reël en het besluit om die vier skole daarby te betrek," vertel Andrè. Die skoolhoofde is versoek om te reël dat elke skool 'n minimum van 150 blikke sal saambring. "Ons het onderneem om die skole R100 per blik te betaal, in ruil vir ons jaarlikse donasies aan hulle," sê Andrè. Goeie samewerking is ontvang en meer as genoeg blikke is bymekaargemaak. Die onderskeie skoolhoofde Tommy Wilson van Gansbaai Academia, Tommy Volkwyn van Gansbaai Primêr, Eben van der Merwe van Laerskool Gansbaai en Mirriam Cekiso van Masakhane Primêr. Die totale "donasie" per skool beloop dus weer R15,000, maar vanjaar moes die leerders daarvoor "werk", wat natuurlik bewusmaking om nie te mors nie, gefokus was.

Die onderskeie hoofseuns en hoofdogters het die tjeks in ontvangs geneem. Die twee stappers en Andrè is by Laerskool Gansbaai deur Cecilia Laker-Louw en Andrè de Jager van Nampak Divfood bygestaan. Intussen het die twee stappers al sowat 1,400km afgelê, met meer as 2 ton herwinbare afvalmateriaal wat vergader is.   
                      
Hardus Botha

R100 per afvalblikkie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles