ALMSA sluit op hoe noot

ALMSA sluit op hoe noot

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voor vlnr is Marc en Alice Brindeau en Annette Wessels. Middel vlnr is Jordan Lineham, Jeanne Wessels, Danielle Volkwyn en Pieter van der Merwe. Agter vlnr is Zulene van Niekerk, Janika van Niekerk, Dehan Maritz, Aletta Groenewald en Adrian Volkwyn.

"Pieter van der Merwe van ALMSA (Akademie vir Ligte Musiek in Suid-Afrika) se musiekleerders het vanjaar se harde werk op 'n hoë noot afgesluit," skryf Annette Wessels. Die groep leerders en hul ouers het aan huis van Marc en Alice Brindeau gesorg vir 'n uitstekende Musiekkonsert.

Annette vertel dat die konsertaand 'n heerlike en gesellige aand was waar elke leerder die geleentheid gekry het om sy/haar vernuf met die musiekinstrument waarin hul onderrig ontvang, te kon demonstreer. Pieter se leerders word ook jaarliks aan 'n formele eksamen blootgestel, wat vanjaar gedurende Junie plaasgevind het. Die eksaminator was Annie van Schalkwyk van Kaapstad.

Die 6 knap musiekleerders se uitslae was soos volg: 1. Dehan Maritz: Kitaar - Prakties, Gr 2 - 90% (Ererol); Teorie, Gr 2 - 94% (Lof). (2) Danielle Volkwyn: Klavier - Prakties, Gr 1 - 80%; Gr 2, Teorie, Gr 1 - 82% (Albei Eervolle vermelding). 3. Johan Weerdt: Klawerbord - Prakties, Voorgraad 1 - 94% (Goue Ererol); Teorie, Voorgraad 1 - 97% (Ererol). 4. Jeanne Wessels: Klavier - Prakties, Gr 4 - 79%; Teorie, Gr 3 - 80% (Albei Eervolle vermelding). 5. Jannika van Niekerk: Klawerbord - Teorie, Gr 2 - 78% (Eervolle vermelding). 6. Zulene van Niekerk: Klavier - Teorie, Gr 2 - 93% (Met lof).

Voorwaar pragtige prestasies! "Alice Brindeau is die jongste toevoeging tot Pieter se entoesiastiese leerlinge en sy het bewys dat 'n mens steeds in jou goue jare die gehoor kan vermaak," sê Annette. Nog 'n bekende veteraan in Pieter se groep is Aletta Groenewald, ook orrelis van Baardskeerdersbos se NG-gemeente. 

Aletta het vanjaar haar eksamen met eervolle vermelding geslaag, met 'n punt van 90% (Ererol). Dit was vir die ALMSA Gr 5 - Praktiese Klaviereksamen. "My senuwees was natuurlik op hol, maar die eksaminator was baie gaaf en ek kon rustig raak en voel trots op die prestasie," vertel Aletta. Namens Pieter bedank Annette graag die ouers wat hul kinders so pragtig ondersteun met hul onderskeie talente wat hulle van Bo ontvang het. Die omgewing se musiekleerders is bevoorreg om hulle talente onder die bekwame leiding van Pieter van der Merwe te kan ontwikkel. Onder andere is hy die Registrateur, asook Hoof Eksaminator van ALMSA, wat reeds in 1998 ontstaan het. Belangstellendes wat meer te wete wil kom, kan gerus vir Pieter by 072-390-8084 skakel, of ‘n e-pos kan aan hom by almsa@mweb.co.za gestuur word.

Hardus Botha

ALMSA sluit op hoe noot

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles