ALMSA sluit op hoe noot

ALMSA sluit op hoe noot

Gansbaai Courant

Voor vlnr is Marc en Alice Brindeau en Annette Wessels. Middel vlnr is Jordan Lineham, Jeanne Wessels, Danielle Volkwyn en Pieter van der Merwe. Agter vlnr is Zulene van Niekerk, Janika van Niekerk, Dehan Maritz, Aletta Groenewald en Adrian Volkwyn.

"Pieter van der Merwe van ALMSA (Akademie vir Ligte Musiek in Suid-Afrika) se musiekleerders het vanjaar se harde werk op 'n hoë noot afgesluit," skryf Annette Wessels. Die groep leerders en hul ouers het aan huis van Marc en Alice Brindeau gesorg vir 'n uitstekende Musiekkonsert.

Annette vertel dat die konsertaand 'n heerlike en gesellige aand was waar elke leerder die geleentheid gekry het om sy/haar vernuf met die musiekinstrument waarin hul onderrig ontvang, te kon demonstreer. Pieter se leerders word ook jaarliks aan 'n formele eksamen blootgestel, wat vanjaar gedurende Junie plaasgevind het. Die eksaminator was Annie van Schalkwyk van Kaapstad.

Die 6 knap musiekleerders se uitslae was soos volg: 1. Dehan Maritz: Kitaar - Prakties, Gr 2 - 90% (Ererol); Teorie, Gr 2 - 94% (Lof). (2) Danielle Volkwyn: Klavier - Prakties, Gr 1 - 80%; Gr 2, Teorie, Gr 1 - 82% (Albei Eervolle vermelding). 3. Johan Weerdt: Klawerbord - Prakties, Voorgraad 1 - 94% (Goue Ererol); Teorie, Voorgraad 1 - 97% (Ererol). 4. Jeanne Wessels: Klavier - Prakties, Gr 4 - 79%; Teorie, Gr 3 - 80% (Albei Eervolle vermelding). 5. Jannika van Niekerk: Klawerbord - Teorie, Gr 2 - 78% (Eervolle vermelding). 6. Zulene van Niekerk: Klavier - Teorie, Gr 2 - 93% (Met lof).

Voorwaar pragtige prestasies! "Alice Brindeau is die jongste toevoeging tot Pieter se entoesiastiese leerlinge en sy het bewys dat 'n mens steeds in jou goue jare die gehoor kan vermaak," sê Annette. Nog 'n bekende veteraan in Pieter se groep is Aletta Groenewald, ook orrelis van Baardskeerdersbos se NG-gemeente. 

Aletta het vanjaar haar eksamen met eervolle vermelding geslaag, met 'n punt van 90% (Ererol). Dit was vir die ALMSA Gr 5 - Praktiese Klaviereksamen. "My senuwees was natuurlik op hol, maar die eksaminator was baie gaaf en ek kon rustig raak en voel trots op die prestasie," vertel Aletta. Namens Pieter bedank Annette graag die ouers wat hul kinders so pragtig ondersteun met hul onderskeie talente wat hulle van Bo ontvang het. Die omgewing se musiekleerders is bevoorreg om hulle talente onder die bekwame leiding van Pieter van der Merwe te kan ontwikkel. Onder andere is hy die Registrateur, asook Hoof Eksaminator van ALMSA, wat reeds in 1998 ontstaan het. Belangstellendes wat meer te wete wil kom, kan gerus vir Pieter by 072-390-8084 skakel, of ‘n e-pos kan aan hom by almsa@mweb.co.za gestuur word.

Hardus Botha

ALMSA sluit op hoe noot

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles