9de Gholfdag vir Wynmakers

9de Gholfdag vir Wynmakers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verskeie wynmakers, direkteure en administratiewe personeel vanuit die wynmakersgeledere het vanjaar hul 9de jaarlikse gholfdag op Kleinbaai se gholfbaan gehou.

Die groep Wynmakers na afloop van hulle jaarlikse Gholfdag, met die Bestuur 2de, 3de en 4de vlnr in die hurkende ry: Danie Marais, Olla Olivier en Altus le Roux

Hierdie jaarlikse instelling is aanvanklik deur Olla Olivier geïnisieer en die amptelike benaming van die "gholf-klub" is die Pirasien Classic Gholfklub. In die binnekringe van die wynbedryf spreek die naam "Pirasien" glo boek-dele, maar oor die inligting daaromtrent word "geswyg"! Wat van belang is, is dat dit jaarliks 'n baie gesellige dag is. Die meeste van die deelnemers vanuit die wynmakersgeledere het vakansie-huise in die omgewing en hulle beskou hierdie gholfdag as 'n baie spesiale dag. Die Bestuurspan wat vir die reëlings verantwoordelik is, is Olla Olivier van Clear Mountain, Danie Marais van Windmeul Wynkelder en Altus le Roux van Grotto Wyntoerusting.
Vanjaar was daar ietwat minder deelnemers, maar hulle was steeds 'n groot groep wat deelgeneem het.
Daar was 5 x 4 balspanne en 3 x 3 balspanne en hulle het vir 'n American Scramble ingeskryf. Etlike goeie pryse, wat nie te versmaai is nie, is gewen en elke deelnemer het heel tevrede met die vakansie voortgegaan.

Die hoogtepunt van die dag is die gesellige saamkuier en -eet na afloop van die spel.
Vanjaar se borge (alfabeties), was die volgende: Charl Terblanchè en Kobus Gerber van Distell, Gawie le Roux van Every Wine, George Smit van Wintrust, Gerhard Human van Bacchus vir die gholfhempies, JCR (Coenie) du Toit vir die die ete, Johan Conradie van Juvenal SA en Nehan Pretorius van Vinco vir hout-eetborde as pryse. "Dit was weer eens vir ons 'n gesellige dag en ons hartlike dank gaan aan Johan Coetzee en sy Bestuur van Gansbaai Gholfklub vir die jaarlikse gebruik van hulle gholfbaan," sê Olla.

Op 'n vraag aan die Wynmakers of hulle gholfspel op dieselfde standaard as die uitstekende wyne is wat deur hulle vervaardig word, moes die onderhoud-voerder tevrede wees met 'n heerlike gelag as antwoord.                    
Hardus Botha

9de Gholfdag vir Wynmakers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles