Rolbalvriende

Rolbalvriende

Gansbaai Courant

Dit kan tereg Helmie de Vries se Rolbalvriendedag genoem word. Op 2 Januarie 2013 het Helmie die tradisie voortgesit met die 13de jaarlikse Rolbaldag wat hy met 'n groot aantal van sy vriende te Franskraal Rolbalklub gereël en georganiseer het.

Die besgeklede span se spelers, met vlnr Annette, Vernon en Nicki saam met Helmie de Vries (Afwesig: Helene-Michelle)

'n Oomblik van aksie op Franskraal Rolbalklub se bane tydens die jaarlikse Rolbalvriendedag

"Daar is musiek gemaak, gelag en geskerts en 104 spelers, oud en jonk, het om 09:00 in ʼn kleurvolle mengelmoes van klere, hoede en pette op die perke toegesak," vertel Pieter Conradie, President van Franskraal Rolbalklub. Helmie verduidelik dat die spelers jaarliks hoofsaaklik vanuit die geledere van nie-rolbalspelers kom en hy kon daarin slaag om 13 bane vol te maak. Die dag is met nie-rolbalspelers begin en aanvanklik het die spelery stadig verloop. Pieter sê die spel het gaandeweg al beter verloop, dis nou met die raad en daad van twee van Franskraal se afrigters en sommer ook so oor en weer tussen die spelers.

Die "Spinnekop"-wenner, Philip Ries saam met Helmie de Vries

Na tien skofte is daar eers ʼn bietjie asem geskep en die "Spinnekopspel" is gespeel. Hier vorm al die spelers 'n kring om die "spinnekop" en die bal naaste daaraan, is die wenner. Vanjaar was Philip Ries die wenner. 'n Hoed vir liefdadigheid word in die sirkel omgestuur en die pragtige bedrag van R700+ is ingesamel.

Met die tweede sessie van tien skofte het sake heelwat beter verloop. " Die borge van die dag was Gansbaai Superspar met broodrolletjies en wors wat "gereed vir eet" by die klub afgelewer is, Lizette Gerber van Langverwag Kelder en Helmie de Vries in sy persoonlike hoedanigheid. "Franskraal Rolbalklub is dankbaar vir die ondersteuning wat Helmie en sy vriende jaarliks aan ons klub op hierdie wyse verleen," sê Pieter. Die wenspanne vir die dag was eerstens die Franskraalspelers se Hettie Lass en haar span: Pieter Conradie, Victor Breach en Kristo Jooste. Twee van die besoekers se spanne het gelykop met 34 elk geëndig. Hulle was Cecil, Vera, Annicia en Marne, met die ander span as Junita, Beth, Altus en Elra. Die besgeklede span se spelers was Vernon, Nicki, Annette en Herlene-Michelle. "Ek is dankbaar vir die jaarlikse ondersteuning en deelname deur Franskraal Rolbalklub se Bestuur, asook teenoor ons borge. Dit is jaarliks 'n baie gesellige dag en dit dien terselfdertyd as 'n goeie inkomste vir die klub," sê Helmie. Hy mag maar bekendstaan as die "3-in-1" Helmie: Eerstens die wynmaker as voorsitter van Gansbaai Wynproegilde, tweedens as gholfer met sy organisering van die jaarlikse Wynmakers-gholfdag en derdens as rolballer met sy organisering van die jaarlikse Rolbalvriendedag.

Alle foto's is deur Philip Malherbe van De Kelders geneem.                                                

Hardus Botha

Rolbalvriende

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles