Vrolike Gr 1 tjies

Vrolike Gr 1 tjies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Gansbaai. Foto: Linda Kloppers Fotografie

Die fotosessies van Gr 1-leerders by Gansbaai se drie laerskole het allesbehalwe na 'n "tranedal" gelyk. Inteendeel, dit was net vrolike gesiggies en 'n geselsery wat na die gezoem van 'n swerm bye geklink het.

By al drie laerskole het opgewondenheid hoogty gevier en dit is duidelik dat die Gr 1-onderwysers sommer van dag een af moes bontstaan. Enkele voorlopige statistieke van die laerskole sien soos volg daaruit, aangesien inskrywings nog nie behoorlik gefinaliseer is nie en getalle waarna verwys word, kan verander.

Gansbaai Primêr

Gansbaai Primêr in Blompark spog met ±85 Gr 1-leerders. In totaal is daar ±530 leerders en 60 Gr R-leerders, met 18 onderwysers (2 x Beheerligaamposte) onder leiding van Tommy Volkwyn as skoolhoof. Hulle leuse is: Om ons leerders te lei om môre se leiers te wees.

Masakhane Primary School

Masakhane Primary School in Masakhane het vanjaar ±78 Gr 1-leerders ingekry. In totaal is daar ±380 leerders met 14 onderwysers onder leiding van Mirriam Cekiso as skoolhoof. Hulle leuse is: Perseverance is the key to success. In Laerskool Gansbaai se geval is ±36 Gr 1-leerders tot die skool se getalle toegevoeg. Die totale aantal leerders is ±291, met 32 Gr R-leerders.
Tans bestaan die onderwyserskorps uit 10 Beheerliggaamposte en 9 Departementele poste onder leiding van Eben van der Merwe as skoolhoof. Hulle leuse is: Werk en Bid. Gansbaai Courant wens die Gr 1's, asook alle ander leerders en die onderwysers net die beste toe vir 2013.
Hardus Botha

Vrolike Gr 1 tjies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles