Vreugde oor 1ste Skooldrag

Vreugde oor 1ste Skooldrag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hierdie tyd van die jaar speel 'n bedrywige toneel hom voor Gansbaai Pep Stores af. Sowat 95+ Gr1-leerders is vanjaar elk met 'n volledige skooluniformstel, wat aan die basiese behoeftes voldoen, toegerus.

Donateurs van skoolklere saam met 'n deel van die groot hoe-veelheid Gr 1-leerders, met agter vlnr Flip Fourie,  Rouxlè Coetzer (Pep Stores), past Frikkie Zeelie, Eben Visser, Magda Goedde en JP Coetzer. 

So 'n pakkie bevat 'n broek/romp, hemp/bloes, sokkies, skoene en 'n rugsak, met 'n totale waarde van sowat R300+. Die groothartige Gansbaai Christian Academy (GCA) het 5 jaar gelede al met hierdie pragtige inisiatief vorendag gekom.

"Vanjaar is dit ons vyfde jaar en ons hou maar aan met uitdeel totdat die tou hierbuite ophou," het past Frikkie Zeelie met 'n glimlag gesê. Past Zeelie is deur Flip Fourie en Rob Koppel vergesel en die GCA het sowat 50+ van die pakkies aan Gr 1-leerders uitgedeel.

Verlede jaar het die ewe ruimhartige Gansbaai Melodrama Kindertrust hulle by hierdie liefdadigheidsprojek geskaar. Met hulle tweede deelname vanjaar het hulle 35 Gr 1-leerders van skooluniforms voorsien. JP Coetzer van Gansbaai Melodrama is deur Magda Goedde vergesel.

Die GCA se saadjie wat hulle 5 jaar gelede geplant het, het vanjaar nog verder gegroei met Secma International Security in Gansbaai se toetrede tot die projek.

Eben Visser homself was daar om toe te sien dat Secma op hul beurt vir pakkies aan 10 Gr 1-leerders gesorg het.

"Hierdie is drie van die uitsonderings, maar daar is etlike individue wat ook 1 of meer Gr 1-leerders met so 'n pakkie toerus," vertel Rouxlè Coetzer van Pep Stores. Gansbaaiers met die ruim harte, só is al vele male berig.                                                         
Hardus Botha

Vreugde oor 1ste Skooldrag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles