Byt maar vas

Byt maar vas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tot en met die afgelope naweek was die nuus nie so vreeslik opwindend nie. Die geelbek wat by die Eiland uitgeslaan het was blykbaar van korte duur en het al skaarser geword. As troosprys het kleiner kabeljou by die Vlagpaal gesig gewys, maar indien daar enige ordentlikes uitgekom het was dit ‘n staatsgeheim.

Gelukkig het die hotties darem besluit om ordentlik te byt en as toegif is daar heelwat van hulle gevang. Die uitstaande kenmerk was dat die see ‘n baie hoë graad van 18 gehad het en selfs ietsie hoër as 19 grade is uitgewys. Hoewel hierdie temperatuur op die oog af ideaal lyk is dit te hoog  --  dit blyk dat die vis lui raak om in die hitte te byt. Waaroor nie gekla kan word nie is indien die temperatuur so 14, 15 is. Selfs die vis in ‘n visdam sal nie nou kos inneem nie, kyk maar. Ons kan maar hoop dat die weersomstandighede(?) wat hierdie toestand veroorsaak nie gaan voortduur nie en ons dan behoorlik kan baljaar onder die vis. Geelstert is ook gewaar naby die Punt maar soos gewoonlik kon jy maar net kyk en lippe aflek  --  die vis swem agter jou gevange hottie aan en loer-loer so vir jou, maar byt, aikôna!
Die manne wat probeer vir kreef vaar eweneens nie goed nie. Daar is altyd die ouens wat jou vertel van die baie wat hulle, só maklik vang, maar wýs dan gesels ons weer. Nader aan die waarheid is dat jy hoor van net een of twee, drie in hóéveel nette. Nie goeie nuus nie. Dis welbekend dat kreef nie hou van warm water nie, en dit is mos ons probleem op die oomblik. Byt maar vas, dit sal beter gaan.
Groete, Seemeeu
 

Byt maar vas

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles